Jeug moet hul politieke sokkies begin optrek

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Rueben Coetzer Foto: Verskaf
Rueben Coetzer Foto: Verskaf

Die afgelope week het Suid-Afrikaners, jonk en oud, manlik of vroulik, dié van stede en dié van die platteland en van elke ras en kultuur die geleentheid gehad om hul kruisie te trek vir wie hulle dink die kandidate en partye is wat die beste instaat is om sake in hul omgewing op te los en te bestuur.

Die verkiesing was vir my soos vir baie ander mense ’n eerste kans om my stempel in die gang van ons demokratiese bestel af te druk, terwyl ander so verweef geraak het met die bestaan van ons jong demokrasie en al ou garde is wanneer dit by stem kom.

Vir my as ’n jeugdige wat vir die eerste keer die voorreg gehad het om in ons demokratiese proses te deel was dit ’n ongelooflike voorreg.

Dit laat ’n mens ongelooflik trots voel as jy weet dat jy jou stem kan laat hoor, dat jy die verandering wat jy in die land wil sien kan bring en dat jou stem werklik saakmaak en werklik ’n verskil kan maak.

Wat vir my die mees verblydendste was om te sien, was die hoeveelheid bejaardes wat ondanks al hul kwale en pyn op hul oudag die moeite gedoen het om hul demokratiese plig van verantwoordbaarheid teenoor die regering van die dag na te kom.

Hulle het almal met ’n glimlag opgedaag, vriendelik gegroet en geduldig gewag om hul kruisie te trek. Hulle het in groot getalle opgedaag en met groot entoesiasme om die toekoms van hul gemeenskappe te verseker.

Dieselfde kan ongelukkig nie van die jeug gesê word nie.

Vir my was die opkoms van die jeug in my wyk baie min en as ’n mens na die vroeë peilings kyk van die aantal kiesers wat gestem het, lyk die opkoms en veral baie spesifiek by die jeug maar baie laag.

Vrae moet gevra word oor hoekom dit blyk dat die jeug steeds ondanks die situasie in ons land nie glo dat hulle stem genoeg waarde dra om werklik ’n verskil te maak nie.

Vanjaar het baie van die politieke partye juis baie meer tyd, geld en moeite ingesit (meer as in vorige jare) om registrasie onder jeugdiges aan te moedig en te verhoog.

Sosiale media het ’n baie groter rol gespeel en meer fokus het geval op hoe partye hulself as ’n aantrekliker handelsnaam aan die jeug kan bekend stel. Die aanvanklike uitkomste het belowend gelyk, maar die aanvanklike syfers van verkiesingsdag wat waarskynlik binne die volgende weke en maande bevestig gaan word, skets maar ’n donker, somber prentjie van die jeug se belangstelling in die politiek.

Dit is eintlik onverstaanbaar dat die jeug glad nie glo dat hul stem enige waarde dra nie.


Dit is eintlik onverstaanbaar dat die jeug, wat die grootste belanghebbende is in die toekoms van ons land en wat die weg moet baan vir die toekoms wat hulle vir hul kinders wil skep, glad nie glo dat hul stem enige waarde dra nie. Min weet hulle eintlik hoe waardevolle kommoditeit ’n stem is en hoe groot impak dit werklik kan maak.

Die jeug is ook die groep wat die meeste ly onder die beleid van die huidige regering as ’n mens na die baie hoë werkloosheidskoers onder die jeugdiges kyk.

Dit laat jou dan wonder waarom die jeug nie opdaag om te stem nie as hulle soveel kan baat vind by partye wat werklik regeer om die mense te dien en eerder ‘public servants’ as ‘politicians’ is.

Is dit omdat die jeug nie aanklank by enige van die partye kan vind nie? Is die jeug net oningelig?

Weet die jeug nie waar of hoe om te registreer nie? Of stel die jeug net glad nie belang in die politiek nie?

Al wat vir seker hieruit blyk, is dat die aansienlik lae opkoms van jong mense by die stembus veral in die laaste twee verkiesings kommerwekkend is.

Dit blyk werklik dat daar ’n probleem is. ’n Komplekse probleem ja, maar ’n probleem waarvan die oplossing noodsaaklik is vir die gesondheid van ons demokrasie.

My boodskap vir die toekoms aan politieke partye is om steeds beter te doen.


My boodskap vir die toekoms aan politieke partye is om steeds beter te doen. Probeer steeds maniere vind om die jeug aan te moedig, in te lig en betrokke te kry want dit is duidelik dat jul vorige pogings nie vrugte opgelewer het nie.

Wees kreatief en vind alternatiewe. Staan uit en kry die jeug werklik weer opgewonde en laat hulle besef dat hul rol en hul invloed die katalisator kan wees om werklik die broodnodige verandering in ons land na vore te bring.

Dan my boodskap vir die toekoms aan die jeug: Die tyd is nou. Dit is nou ons tyd. Ons moet eienaarskap neem van ons eie toekoms en ons stemme laat hoor in die politieke arena en in die volgende verkiesing.

Die tyd vir kla is verby. Ons land het breekpunt bereik en dit is ons die jeug, die toekomstige generasie wat moet oorgaan tot aksie om ons land te bewaar en die weg te baan vir verbetering – nie net vir ons nie, maar vir ons kinders. Die volgende verkiesing gaan ’n lakmoestoets vir die jeug wees en vir die politieke partye se vermoë om die jeug betrokke te kry.

My slotwoorde aan die jeug is raak betrokke, stem in die volgende verkiesing want jou stem tel werklik. Wees jy die verandering wat ons nodig het in ons land. Jy het weer ’n kans in 2024, maar daarna is dit dalk net te laat.

  • Reuben studeer BCom Regte aan die NWU (eerste jaar) en is ’n lid van ActionSA se jeugliga.
  • Menings is rubriekskrywers se eie en weerspieël nie noodwendig die van Netwerk24 nie.
  • Wonder jy waaroor studente praat? Lees meer meningstukke hier!
  • Volg ons op Instagram en
  • !

WIL JY VIR DIE STUDENT SKRYF? Maar jy wonder hoe dit werk? Kyk hierdie video:

Rand - Dollar
15.61
+0.7%
Rand - Pond
19.72
+0.5%
Rand - Euro
16.75
+0.7%
Rand - Aus dollar
11.17
-0.1%
Rand - Jen
0.12
+0.7%
Goud
1,854.08
+0.2%
Silwer
22.11
+0.4%
Palladium
2,074.50
+2.7%
Platinum
956.00
+0.6%
Brent-ruolie
117.40
+2.9%
Top-40
63,883
+1.4%
Alle aandele
70,486
+1.4%
Hulpbronne 10
76,948
+0.6%
Industriële 25
76,115
+1.3%
Finansiële 15
16,257
+2.5%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Blitsblik op ’n maatskappy

Volg die maatskappy se aandeelprys en lees nuwe Sens-verklarings en resultate hier.

Verkeer in jou area

Kies 'n area om verkeersvoorvalle op jou roete te sien.

Klik om te stel
Nuuswenke

Het jy 'n nuuswenk of storie wat jy graag met Netwerk24 wil deel? Stuur gerus 'n e-pos aan ons nuusspan.

Stuur 'n e-pos