Jy is nie 'n produk van jou omstandighede nie

akkreditasie

Ons vind dit maklik om ons omstandighede te blameer vir ons mislukkings en tekortkominge. Ons vergeet te dikwels dat ons niks is sonder omstandighede nie, want ons omstandighede maak ons uniek.

Manise Sibaya.
Manise Sibiya.

Ons dink dalk die woord stel iets negatiefs voor, maar ons moet besef ons omstandighede kan ons negatief of positief raak, afhangende van wat ons as individue daarvan maak.

Al ooit gehoor van die woorde: Gebruik jou opvoeding om bo jou omstandighede uit te styg? Dit maak nie saak hoe groot of klein die huis is waarin jy woon nie, ten minste het jy ’n dak oor jou kop en ’n plekkie waar jy jou kop kan neerlê.

Jy hoef nie baie geld te hê om suksesvol te wees nie, al wat jy nodig het, is ’n bietjie selfvertroue, opoffering en die wil en begeerte om suksesvol te wees. Ons omstandighede beperk ons nie om dinge te doen nie, dit bied ons eerder ’n geleentheid om ons vlerke te sprei en te vlieg.

Dit beperk ook nie die plekke waarheen ons kan vlieg nie, want daarvoor ontvang ons gratis opvoeding.

Jaag jou drome na

Die grootste motivering om die regte keuses te maak en besluite te neem, kom in baie gevalle uit ons omstandighede. Baie van ons besef dit net nie dikwels genoeg nie. God plaas ons met ’n rede en besonderse doel in sekere situasies en omstandighede, nie omdat Hy weet ons sal dit nie kan verduur nie, maar omdat Hy weet ons almal is uniek en tot alles in staat deur Hom wat ons krag gee.

Ek dink sodra ons as individue ons omstandighede toelaat om ons te vorm en nie te definieer nie, sal dit ons help om te besef dat daar talle geleenthede opgesluit is in ons omstandighede en wie en wat ons regtig is.

Ek dink sodra ons as individue ons omstandighede toelaat om ons te vorm en nie te definieer nie, sal dit ons help om te besef dat daar talle geleenthede opgesluit is in ons omstandighede en wie en wat ons regtig is.

Dit sal ons as individue ook help om ’n beter perspektief te kry van wat ons doel op aarde is, en dan sal die wêreld ook ’n baie beter plek wees.

Ons word glad nie gedefinieer of gekenmerk deur ons omstandighede nie, maar deur ons daaglikse besluite en keuses. Die keuses en besluite oor beter omstandighede en ’n blink toekoms is in ons hande. Ons kan toelaat dat ons omstandighede ons definieer, of ons kan dit gebruik om ons motivering en dryfkrag vir sukses te wees.

Jy is nie wie ander sê jy is nie. Jy is wie jy jouself toelaat om te wees. Die doelwit is nie om ontslae te raak van ons omstandighede nie, want dit is ’n groot deel van wie en wat ons is.

MANISE SKRYF OOK: Gee onnies die respek wat hulle verdien

Die doel is om die goeie en positiewe dinge in die lewe, soos ons opvoeding en morele waardes, te gebruik om dit te verbeter. Ek dink ’n mens kan reeds begin deur groot te droom en nie sit en wag vir wonderwerke om te gebeur nie. Staan eerder op en jaag daardie drome na.

Ek weet nie van jou nie, maar ek is beslis nie ’n produk van my omstandighede nie.

  • Manise Sibiya(20) studeer onderwys aan die Kaapse Skiereiland Universiteit vir Tegnologie (KSUT) in Wellington. Sy kom oorspronklik van De Doorns.

Is jy 'n student en wil jy R5000 wen? Kliek hier

Beste Cyril

Rand - Dollar
16.20
+0.3%
Rand - Pond
19.66
+0.8%
Rand - Euro
16.62
+0.9%
Rand - Aus dollar
11.54
-0.0%
Rand - Jen
0.12
+0.6%
Goud
1,800.50
+0.6%
Silwer
20.80
+2.4%
Palladium
2,224.00
-2.9%
Platinum
966.20
+0.5%
Brent-ruolie
99.60
+2.2%
Top-40
63,996
-1.0%
Alle aandele
70,731
-0.8%
Hulpbronne 10
64,048
-2.8%
Industriële 25
86,577
-0.6%
Finansiële 15
16,059
+0.6%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Blitsblik op ’n maatskappy

Volg die maatskappy se aandeelprys en lees nuwe Sens-verklarings en resultate hier.

Verkeer in jou area

Kies 'n area om verkeersvoorvalle op jou roete te sien.

Klik om te stel
Nuuswenke

Het jy 'n nuuswenk of storie wat jy graag met Netwerk24 wil deel? Stuur gerus 'n e-pos aan ons nuusspan.

Stuur 'n e-pos