Kommunikasie is die kruks van enige verhouding

akkreditasie
Dillon Henwood

Ek was onlangs op twee van my beste vriende se troue. Wat dié troue vir my so spesiaal gemaak het, was nie hoe spandabelrig en deftig dit was nie, maar eerder die twee se liefde vir mekaar. Om gelief, en ook lief vir mekaar te wees. Elke gas kon aanvoel dit is ’n ondeurgrondelike, wedersydse liefde.

Dit het my laat dink aan die ingebore behoefte van elkeen van ons om in ’n verhouding te wees, en ook waarom die meeste verhoudings nie slaag nie. Hoekom voel party verhoudings soos harde werk?

Wat is ’n suksesvolle verhouding?

Ons ken almal daardie iemand wat hul alles in ’n verhouding gee, terwyl hul maat hulle skaars verdra. Die een wat in die verhouding “belê”, besef dat hulle die ander een waarskynlik gaan verloor en probeer net nog harder om hul guns te wen, wat gewoonlik daartoe lei dat die verhouding nog vinniger skipbreuk ly. Hier het ons die perfekte voorbeeld van onbeantwoorde liefde.

Kry die een wat nie die ander liefgehad het nie die skuld, of pak ons die skuld op die “belegger” wat die ander deur hul vurigheid weggestoot het?

’n Wyse vriend het vir my gesê jy moet nooit in ’n verhouding belê op grond van hoeveel jy van iemand hou nie, maar eerder op grond van hoeveel daardie persoon in jou belê.

’n Wyse vriend het vir my gesê jy moet nooit in ’n verhouding belê op grond van hoeveel jy van iemand hou nie, maar eerder op grond van hoeveel daardie persoon in jou belê.

Maar wat van trou? Wat as jou huweliksmaat jou nie meer liefhet nie? En waar pas geloof in die prentjie? Ek dink vir geloof moet daar ’n moontlikheid wees. Ek glo nie daar is enigsins ’n punt daarin om getroud te bly as iemand jou nie meer liefhet nie. Vra jouself: Is jy dieselfde mens as vyf jaar gelede?

Ek kan jou amper waarborg die antwoord is “nee”.

Kommunikasie en nogmaals kommunikasie

Hoe kan jy dus seker wees jy gaan oor vyf jaar lief wees vir jou lewensmaat as julle albei so radikaal gaan verander?

Ek dink die antwoord is jul bereidwilligheid om voortdurend ’n suksesvolle verhouding te skep. Albei is daarvoor verantwoordelik om dié sukses te bewerkstellig.

Ek beklemtoon, albei moet moeite doen.

Pak die probleme, doen beloftes gestand, waardeer mekaar, luister om te verstaan, wees bedagsaam en kommunikeer.

Ek is seker, terwyl ek dié stelling maak, dat ’n verhouding suksesvol is tot die mate waarin daar doeltreffend gekommunikeer word.

Ek moes op die harde manier leer: As jy skreeu, beteken dit nie iemand luister nie.

Effektiewe kommunikasie beteken dit wat uit jou mond kom, moet net so in die ander persoon se brein beland (tesame met ’n begrip vir jou intensie).

Effektiewe kommunikasie beteken dit wat uit jou mond kom, moet net so in die ander persoon se brein beland (tesame met ’n begrip vir jou intensie).

Dis logies dat jou maat nie die werklikheid van jou ervaring van jul verhouding kan begryp as jy nie daaroor praat nie.

Die ander kant is ook waar. Hoekom bly ons in verhoudings waarin ons ongelukkig is as ons nie die potensiaal sien dat dit kan werk nie? Wil ons aan ander bewys dat ons ’n verhouding kan maak werk? Is dit omdat ons eensaamheid wil vermy? Vir eie gewin? Is ons bang ons kry nie iemand beters in die tydperk wat volgens die samelewing aanvaarbaar is nie?

LEES OOK: Wie is ek sonder Wi-Fi?

Miskien is van of al die bogenoemde redes op jou van toepassing, miskien nie. Niemand mag ooit skuldig voel omdat hulle gelukkig wil wees nie. Jy moet egter weet wanneer om bes te gee, sonder om daarvoor om verskoning te vra. Net omdat dit maklik is, beteken dit nie dis reg nie . . . maar dis ook nie noodwendig verkeerd nie. Praat net met mekaar.

  • Dillon Henwood (23) studeer onderwys aan die Universiteit Stellenbosch. Hy kom van Kaapstad.
  • Hierdie berig is oorspronklik geskryf in Engels en vertaal na Afrikaans. Lees Engelse weergawe hier.
  • Hierdie meningstuk het oorspronklik in Die Matie verskyn. Besoek hul webtuiste vir meer inligting of volg hulle op Instagram en Facebook.

Is jy 'n student en wil jy R5000 wen? Kliek hier.

Rand - Dollar
16.64
-0.2%
Rand - Pond
20.15
-0.4%
Rand - Euro
17.03
-0.5%
Rand - Aus dollar
11.61
-0.1%
Rand - Jen
0.12
-0.3%
Goud
1,792.38
+0.2%
Silwer
20.66
-0.1%
Palladium
2,199.00
-2.0%
Platinum
942.00
-0.3%
Brent-ruolie
96.65
+1.8%
Top-40
63,771
0.0%
Alle aandele
70,266
0.0%
Hulpbronne 10
65,045
0.0%
Industriële 25
85,829
0.0%
Finansiële 15
15,741
0.0%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Blitsblik op ’n maatskappy

Volg die maatskappy se aandeelprys en lees nuwe Sens-verklarings en resultate hier.

Verkeer in jou area

Kies 'n area om verkeersvoorvalle op jou roete te sien.

Klik om te stel
Nuuswenke

Het jy 'n nuuswenk of storie wat jy graag met Netwerk24 wil deel? Stuur gerus 'n e-pos aan ons nuusspan.

Stuur 'n e-pos