KYK: Kom ons langarm met almal!

akkreditasie
Bouwer Bosch
Bouwer Bosch

Kyk, as daar nou een ding is wat ons as Afrikaners ongelooflik goed kan doen, is dit sokkie, langarm of “seile span”, afhangende van waar jy kom. Dit maak my baie trots om te kan sê dat ek kan sokkie. Ek het begin toe ek in gr. 1 was met “volkspele”. Dit is soos die Olimpiese Spele, maar net vir jou eie volk.

Dit was old-school as ek terugkyk, maar dit het definitief my langarm-tegniek help ontwikkel en my ’n voorsmakie gegee van hoe diep in ons DNS dit is om saam met iemand te dans. En dit is mooi, dit is maklik vir my een van die mooiste goed van Afrikaner wees.

Dit maak my baie trots om te kan sê dat ek kan sokkie.

Ek het later ’n paar nuwe langarm-bewegings by vriende op universiteit aangeleer en ek improviseer graag wanneer die musiek en my dansmaat dit toelaat.

Die eerste reël om saam met iemand te langarm, is dat dit nie oor jou gaan nie. Die musiek kom eerste en dan jou dansmaat. Dien die musiek eerste, dan jou maat.

Sokkie is groot

Suid-Afrika het ongelooflik baie langarm-kuierplekke. Omtrent elke tweede dorp het ’n plek waar jy iewers deur die week of oor ’n naweek jouself aan die kunsvorm “sokkie” kan gaan oorgee.

Op elke troue word daar gesokkie, elke koshuis by elke universiteit het minstens een keer ’n maand ’n lekker langarm-aand. Dit is net ’n kwessie van tyd voordat dit ’n amptelike Olimpiese sport word.

Dit is net ’n kwessie van tyd voordat dit ’n amptelike Olimpiese sport word.

Van die kunstenaars wat die suksesvolste loopbane tot dusver het, het dit danksy die sokkie-genre en omdat dit so gewild is. Daar kom maklik 20 tot 30 nuwe sokkie-albums elke jaar uit wat gefokus is op lekker langarm-musiek.

Ek mag dalk hof toe gesleep word oor wat ek nou gaan sê, want ek het nie die kopiereg daarvoor nie, maar dit is veilig om te sê “Sokkie is Groot”.

So jy leer van ander

Wat jy moet verstaan van sokkie (as jy nog nie het nie) is dat dit lekker is, dis inklusief, hande inmekaargevleg, soms met ’n vreemdeling, maar daar definitief iets intiems daaraan om saam met iemand te langarm.

LEES OOK: 'Kom ons leen meer van mekaar se kulture!'

Jy leer iets van iemand wanneer jy met hulle dans, want niemand dans in stilte nie, tensy jou ou of meisie nounet met jou uitgemaak het en daar is twee minute van die liedjie oor, dan sal ek verstaan as jy in stilte langarm.

Maar om seile te span is gesellig en ’n manier om nader aan iemand te kom, nie noodwendig altyd emosioneel nader nie, maar dis net ’n maklike manier om iets by iemand te leer of hulle van jouself te vertel.

Lemon Dube en Bouwer Bosch
Lemon Dube en Bouwer Bosch
Kultuur só oorgedra

Verlede jaar het ek en my vriend Bennie Fourie ’n advertensie geskiet vir ’n kliënt waar ek ’n boer speel wat saam met sy plaaswerker skoffel. “Skoffel” is nog ’n woord vir sokkie. Langarm, sokkie, skoffel, seile span, vier van vele woorde om die daad van om met iemand te dans te beskryf.

In elk geval, ek loop toe die naweek my dans-partner in die advertensie, Lemon Dube (van Tswana-herkoms), raak en ons gesels toe vinnig oor die dag waarop ons lekker gedans het op ’n boer se plaas buite Bapsfontein en ek begin toe dink aan daai dag. Hoe interessant dit vir my was om vir Lemon te verduidelik hoekom ons so baie van langarm hou.

Ek onthou toe ook hoe ontvanklik en oop hy was dat ek hom ’n paar sokkie-bewegings leer voordat ons begin skiet en ook hoe lekker dit was om vir iemand van ’n ander kultuur iets van my kultuur te leer.

Lemon Dube en Bouwer Bosch
Lemon Dube en Bouwer Bosch

Albei kante toe

Ek sien onlangs ’n foto van FW de Klerk en Nelson Mandela met hul hande inmekaar geweef en hul arms lank uitgestrek asof hulle in die middel van ’n langarm-beweging is. Dit het my ’n oomblik laat wonder hoe De Klerk as danser was toe hy op universiteit was.

F.W. de Klerk en Nelson Mandela
F.W. de Klerk en Nelson Mandela

Dit het my ook laat dink aan hoe ’n ongelooflike land Suid-Afrika kan wees as ons vir mekaar meer spasie gun, vir mekaar iets van onsself leer en deur meer oop te wees om van ander te leer, al is dit iets kleins soos om saam met iemand te langarm.

Om iemand iets van jouself en jou kultuur te leer moet jy ook leerbaar wees.

Om iemand iets van jouself en jou kultuur te leer moet jy ook leerbaar wees. Net soos dans, is so iets ook ’n two-step proses. Dit gaan albei kante toe.

Die ritme van ’n hartklop

Ek wil jou uitdaag om in 2020 meer oop te wees om met ander kulture te “dans”. Om die vrymoedigheid te hê om iets moois van ons Afrikanerkultuur vir ander te leer, en sodoende oop te wees om iets moois van ander kulture te leer.

Ek sê altyd jy moet eers ’n myl in iemand anders se skoene sokkie op musiek waarvan jy nie noodwendig hou nie voordat jy die ritme van hul hartklop kan verstaan.

So, komaan Suid-Afrika, kom ons sokkie vanjaar meer met mekaar!

  • Bouwer Bosch (34) is 'n musikant en filmvervaardiger en is 'n gasskrywer vir Die Student. Hy het BA Kommunikasie aan die Noordwes-Universiteit studeer en kom ook oorspronklik van Potchefstroom af. Hy woon nou in Randburg.
  • Menings is rubriekskrywers se eie en weerspieël nie noodwendig dié van Netwerk24 nie.
  • Volg ons op Instagram en Facebook!
  • Wonder jy waaroor studente praat? Lees meer meningstukke hier.
  • Ons stuur elke Vrydag ‘n nuusbrief uit met die drie gewildste meningstukke van die week. Klik hier en teken in vir die Stemme-nuusbrief.
Inperking vir
DAE
URE
MIN
Rand - Dollar
16.14
+0.8%
Rand - Pond
21.55
+0.1%
Rand - Euro
18.20
+0.4%
Rand - Aus dollar
11.53
+0.1%
Rand - Jen
0.14
-0.2%
Goud
1,798.36
+0.3%
Silwer
23.38
+1.0%
Palladium
1,793.00
+2.4%
Platinum
971.00
+1.6%
Brent-ruolie
72.72
-11.6%
Top-40
62,805
+0.6%
Alle aandele
69,169
+0.8%
Hulpbronne 10
64,468
+0.6%
Industriële 25
92,831
-0.1%
Finansiële 15
13,408
+3.2%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Blitsblik op ’n maatskappy

Volg die maatskappy se aandeelprys en lees nuwe Sens-verklarings en resultate hier.

Verkeer in jou area

Kies 'n area om verkeersvoorvalle op jou roete te sien.

Klik om te stel
Nuuswenke

Het jy 'n nuuswenk of storie wat jy graag met Netwerk24 wil deel? Stuur gerus 'n e-pos aan ons nuusspan.

Stuur 'n e-pos