Los die standbeelde uit!

akkreditasie
Marista Greyling
Marista Greyling

Dit is nou al ’n geruime tyd dat ek ’n klip(-pie) in my skoen het en ek het besluit om dié klip(-pie) in die bos te gooi om te sien hoeveel hase ek opjaag.

Standbeelde word al vir eeue gebruik as ’n manier om eer te betoon aan belangrike leiers en helde.

Dit is geskiedenis; elke standbeeld, elke monument, elke straatnaam is ’n boublok in die fondament van Suid-Afrika. Wat my egter bekommer is hoekom ons boublokke een vir een soos vlieë val!

Is Suid-Afrika dan nie ’n multikulturele land nie? V

erdien elke kultuur dan nie hul plekkie onder die warm Suid-Afrikaanse son nie? Soveel vrae het my op ’n soektog na antwoorde gesit . . .

Soos ’n vreemdeling in Jerusalem

Rustig op pad na my vriendin se huis aan die ander kant van die mooie Jakarandastad, het ek op die volgende afgekom:

dghdg

Name van Kerkstraat:

1. Nelson Mandela tot ooste: Stanza Bopane-straat

2. Nelson Mandela tot Kerkplein: Helen Joseph-straat

3. Kerkplein na R511: WF Nkomo-straat

4. Van R511 tot die weste: Elias Motsoaledi-straat

Eersgenoemde foto’s is vir my met my apolitiese ingesteldheid, maar met logiese denke geredeneer, ’n voorbeeld van nasiebou en is nie veroordelend nie.

Die ou én nuwe garde sal hul pad op dié naamborde kan vind. Soek ek egter na Kerkstraat waarmee ek grootgeword het, voel ek dadelik soos ’n vreemdeling in Jerusalem, want Kerkstraat het net “verdwyn”! In die plek van die alombekende Kerkstraat is vier verskillende name, naamlik: Stanza Bopape-straat, Helen Joseph-straat, WF Nkomo-straat en Elias Motsoaledi-straat. Waarheen moet ek gaan?

LEES OOK: MT Steyn-standbeeld: Moenie die verlede uitwis nie

Ek bespeur met laasgenoemde straatnaamveranderinge ’n mate van moedswilligheid, want wat sou dit geneem het om net soos in foto een en twee, Kerkstraat deur te haal en die nuwe name bokant aan te bring. Dit sou vir my en baie ander mense dinge aansienlik makliker maak.

Nasiebou is hier ’n groot knou toegedien wat met baie uitgawes gepaardgegaan het. Dié astronomiese bedrae kon beter aangewend word deur byvoorbeeld nuwe hospitale te bou met opgeleide personeel, wat dus werk skep en die gesondheidsdienste verbeter.

Sowaar twee vlieë met een klap!

Dit maak net nie sin nie

Die straatnaamverandering bring my by die eintlike klip(-pie) in my skoen en die hase gaan behoorlik skarrel wanneer daar na die nuutste vermorsing van geld gekyk word. Ek verwys na die verwydering van die standbeeld van MT Steyn (oudpresident van die destydse Vrystaatse Republiek) van die Kovsie-kampus.

LEES OOK: Wat nou van Steyn se leë voetstuk?

Aan die een kant van die muntstuk is daar diegene wat MT Steyn as ’n held beskou, want hy was ’n vryheidsvegter teen kolonialisme en teen Britse heerskappy oor sy mense.

Aan die ander kant van die muntstuk is diegene wat hom as ’n “vernietiger van menselewens” beskou.

Op dieselfde kampus is daar ook ’n standbeeld van Fidel Castro (gewese Kubaanse leier) wat deur sommige vereer word vir die heldedade wat hy en sy soldate tydens die apartheidsjare in Angola verrig het.

Om beelde te verskuif, gaan nie ons geskiedenis verander nie. Sou dit nie meer tot nasiebou bydra om hierdie standbeelde op Kovsie-kampus te los soos wat dit tans is nie?

Aan die ander kant loop die gemoedere hoog, want daar is diegene wat aanstoot neem by die aanskoue van die Castro-standbeeld. Vir hulle het hy en sy soldate hordes SA soldate tydens die grensoorlog in Angola doodgeskiet.

Die verskil is dié standbeeld gaan nié verwyder word nie en staan stewig op sy voetstuk. Laasgenoemde is vir my

’n Kerkstraat-situasie. Dit maak net nie sin nie.

Die geskiedenis gaan nie verander nie

En só kan ek aan nog soortgelyke verwyderings van standbeelde oproep, naamlik die NWU PUK se Totius wat deur drie potte vervang is, die Rhodes-standbeeld wat met menslike ontlasting gegooi is, en vele meer.

Om beelde te verskuif, gaan nie ons geskiedenis verander nie. Sou dit nie meer tot nasiebou bydra om hierdie standbeelde op Kovsie-kampus te los soos wat dit tans is nie? Dit lê net meer klem op hoe spesiaal en kultuurryk ons werklik is.

Deur mekaar se erfenisskatte te respekteer, kan nasiebou plaasvind.

So leer ons verdraagsaamheid en aanvaarding van verskillende kulturele erfenisse. Ek het werklik nog nie van een student gehoor wat sou gedruip het as gevolg van MT Steyn wat op die kampus staan nie.

Wat egter nou gebeur, is ’n rimpeleffek en ’n “#castromustfall”-veldtog is van stapel gestuur. Ek wil my beroep op die ANC se vryheidsmanifes waarin gesê word SA behoort aan almal: “All people shall have equal rights to use their own languages, and to develop their own folk culture and customs.”

Deur mekaar se erfenisskatte te respekteer, kan nasiebou plaasvind. Skep dus ’n situasie waar almal soos wenners voel, want daar is nie verloorders nie. Die emmers vol geld wat dit kos om standbeelde te verskuif, kan met vrug aangewend word vir behoeftige studente se studies, want daar is baie.

Mag logika seëvier oor emosionele opsweping en mag ons fondament eg Suid-Afrikaans bly.

  • Marista Greyling (22) studeer tans aptekerswese aan die Noordwes-Universiteit. Sy kom oorspronklik van Pretoria. 
besig om te laai... Regstreeks
West Indies 0
New Zealand 37/2
besig om te laai... Regstreeks
Maritzburg United 0
Moroka Swallows 0
Rand - Dollar
16.16
+0.6%
Rand - Pond
19.62
+1.0%
Rand - Euro
16.59
+1.1%
Rand - Aus dollar
11.52
+0.2%
Rand - Jen
0.12
+0.8%
Goud
1,801.08
+0.7%
Silwer
20.76
+2.2%
Palladium
2,236.50
-2.3%
Platinum
965.50
+0.5%
Brent-ruolie
99.60
+2.2%
Top-40
63,996
-1.0%
Alle aandele
70,731
-0.8%
Hulpbronne 10
64,048
-2.8%
Industriële 25
86,577
-0.6%
Finansiële 15
16,059
+0.6%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Blitsblik op ’n maatskappy

Volg die maatskappy se aandeelprys en lees nuwe Sens-verklarings en resultate hier.

Verkeer in jou area

Kies 'n area om verkeersvoorvalle op jou roete te sien.

Klik om te stel
Nuuswenke

Het jy 'n nuuswenk of storie wat jy graag met Netwerk24 wil deel? Stuur gerus 'n e-pos aan ons nuusspan.

Stuur 'n e-pos