Mag ’n man van ’n vrou verskil as die onderwerp geslagsgeweld is?

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Atang SwartbooiFoto: Verskaf
Atang SwartbooiFoto: Verskaf

’n Kinkel in die kabel oor geslagsgeweld.

Vraag: Mag ’n man regtig van ’n vrou se mening verskil indien die onderwerp geslagsgeweld is?

Indien wel, is hulle in staat om hul argumente te staaf?

Dis reeds vir mans ’n uitdaging om hulle by die stryd teen geslagsgeweld aan te sluit. Ten einde myself ten volle uit te druk, mag ek dalk die leser aanstoot gee.

Ek begin eers deur ’n oorvereenvoudigde definisie van die woord “aktivis” te gee. ’n Aktivis is iemand wat vir of teen iets is; en jy kan dit wees sonder om dit uitdruklik te sê.

Wat ek hiermee bedoel, is dat dit wat die persoon dink, die bepalende rol speel in waarvoor hy of sy staan.

Ek is die soort aktivis wat sê wat ek dink.

In my ervaring as ’n aktivis teen geslagsgeweld gaan dit nog lank duur voordat vroue mans as bondgenote in die stryd aanvaar.

As manlike aktivis teen geslagsgeweld voel ek steeds soos 'n vis uit die water.

Ek sê dit ná vele uitnodigings na geleenthede waar ek steeds soos ’n vis uit die water voel. Ek ontken nie dat vroue meer as mans onderdruk word nie. Dit is onomstootlik dat as ’n sterk poging tot die beëindiging van hierdie onderdrukking deur mans aangewend word, dit van kardinale belang is dat dié kritiese ontleding van die omstandighede tot ’n minimum beperk word.

Ek gebruik die woord “krities” omdat die omvang van dié woord “om saam te stem met iets” én “om nie saam te stem met iets nie” insluit. Oor die algemeen blyk dit asof dít wat manlike aktiviste glo, reg is slegs as hulle met die vroulike aktiviste saamstem.

Dikwels bevind ek my in ’n situasie waar ek krities na ’n vrou se spreekbeurt luister en meen sekere terme moet duideliker omskryf word. Die probleem lê egter daarin dat wanneer ek, as ’n manlike aktivis, dit met hulle bespreek, word ek as ’n verdediger van die hutswoord #NieAlleMans beskou. ’n Mens kan verder gaan en sê mans word deesdae net na geleenthede nooi om gekorrigeer te word, om tereggewys te word – of hierdie korrigering wedersyds is, moet na my mening nog ontleed word.

Sommige lees hierdie stuk en dink “tipies ’n man wat ander mans verdedig”

Sommige lees hierdie stuk en dink “tipies ’n man wat ander mans verdedig”. Inteendeel, ek bevraagteken slegs die wyse waarop aktiviste van verskillende demografieë daarna streef om dieselfde doelwit te bereik. Ons is tans op ’n kruispad waar manlike aktiviste nie seker is van wat hulle mag en nie mag sê nie, of wat hulle mag of nie mag bevraagteken nie, vreesbevange dat hulle aanstoot sal gee.

Dit ontmoedig meer mans om aktiviste te word. Die uiteinde is dat geslagsgeweld nie afneem nie en die impak van mans se aktivisme eintlik verlore raak.

Om “oplossings” te vind vir die kwessies wat ek hier noem, moet ’n mens verduidelik wat die wanpersepsies is.

Een so ’n wanpersepsie is dat mans behoort te verstaan waardeur vroue gaan as iets een keer aan hulle verduidelik is.

Dit beteken nié ons verdedig #NieAlleMans nie.

Ongelukkig moet ons ter wille van begrip baie vrae vra. Dit beteken nié ons verdedig #NieAlleMans nie. Dit is eerder ’n fundamentele stap om kennis oor die kwessie op te doen om uiteindelik ander mans hieroor op te voed.

Die samelewing as geheel behoort te verstaan dat mans ’n deurslaggewende rol moet speel in die beëindiging van geslagsgeweld en dat mans die geleentheid gegun moet word om vrae te vra wat met die eerste oogopslag verdedigend lyk, want dit is al hoe ons gaan leer en dit is al hoe ons werklik begrip gaan hê vir dit waarmee vroue daagliks te doen kry.

Alle belanghebbendes moet mekaar se wyse van aktivisme respekteer, solank dit nie in stryd is met die waardes en doelwitte van die beweging nie. Individualiteit in hierdie spanpoging moet aangemoedig word sodat dié wat ’n paar treë agter is, geïnspireer word om te verander.

Ek sluit af met die volgende woorde: “Ons sal beter resultate bereik as ons ons oortuigings aan mense oordra en nie dit aan hulle opdwing nie.”

Die fondament word gelê deur meningsverskille tussen die geslagte deur oortuiging en redevoering by te lê om sodoende by te dra tot die stryd teen geslagsgeweld.

Dit is ’n stryd wat ver van gewonne is, en wat die geveg broodnodig het.

  • Atang (20) studeer Regte (LLB) aan die Noordwes-Universiteit in Potchefstroom.
  • Menings is rubriekskrywers se eie en weerspieël nie noodwendig die van Netwerk24 nie. 
  • Wonder jy waaroor studente praat? Lees meer meningstukke hier. 
  • Volg ons op Instagram en Facebook!

WIL JY VIR DIE STUDENT SKRYF? Maar jy wonder hoe dit werk? Kyk hierdie video:

Rand - Dollar
16.21
+2.2%
Rand - Pond
19.80
+1.1%
Rand - Euro
16.70
+1.4%
Rand - Aus dollar
11.48
+0.6%
Rand - Jen
0.12
+0.6%
Goud
1,791.84
-0.1%
Silwer
20.60
+0.3%
Palladium
2,255.50
+1.5%
Platinum
946.00
+0.9%
Brent-ruolie
96.31
-0.4%
Top-40
63,161
-1.0%
Alle aandele
69,745
-0.8%
Hulpbronne 10
64,485
-0.9%
Industriële 25
84,636
-1.4%
Finansiële 15
15,760
+0.1%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Blitsblik op ’n maatskappy

Volg die maatskappy se aandeelprys en lees nuwe Sens-verklarings en resultate hier.

Verkeer in jou area

Kies 'n area om verkeersvoorvalle op jou roete te sien.

Klik om te stel
Nuuswenke

Het jy 'n nuuswenk of storie wat jy graag met Netwerk24 wil deel? Stuur gerus 'n e-pos aan ons nuusspan.

Stuur 'n e-pos