Marciel Hopkins: 'Afrikaanse meisies moet ophou jammer sê'

akkreditasie
Marciel Hopkins
Marciel Hopkins

Met al my reise die afgelope vyf jaar, probeer ek altyd soveel as moontlik van ’n land se kultuur inasem en leer. Ek het verlede jaar weer met toneelspelklasse begin om onder meer aan my Amerikaanse aksent te werk.

My afrigter het van die begin af gesê: “Onthou net, Amerikaners is ‘unapologetic’, so dit is hoe jy die aksent moet benader.” Ek bly nou al ’n maand in New York en het vrek baie by die Amerikaners se “unapologetic”-uitkyk geleer, want glo my, hulle staan vir niks of niemand terug nie!

Hulle vra vir jou of jy met ’n kaart of kontant gaan tip, sodat jy duidelik bewus is dat daar nie ’n geen-tip-opsie is nie. “Unapologetic” vertaal nie lekker na Afrikaans nie en dit verloor sy kragtigheid, so ek sê dit soos dit is.

Jy mag op tone trap

As Afrikaanse meisie is ek grootgemaak om altyd nederig te wees en goeie maniere te hê.

Ek glo regtig dit is iets wat Suid-Afrikaners laat uitstaan bo baie ander kulture as hulle oorsee werk, maar daar moet ook ’n lyn getrek word met wanneer ons eenvoudig te aangenaam is omdat ons almal wil tevrede stel. En hier verwys ek veral na Suid-Afrikaanse vroue: Ons sê te vinnig jammer en ons staan hopeloos te gou terug.

“Jammer, ekskuus, ek vra om verskoning.”

Ons moet ophou hiermee, want dit help ons nie in die werkplek en grootmenswêreld nie.

Dit is regtig oukei om soms op tone te trap en om jou opinie te gee oor iets sonder om verskoning daarvoor te vra.

Dit is regtig oukei om soms op tone te trap en om jou opinie te gee oor iets sonder om verskoning daarvoor te vra. Daar is ’n verskil tussen om op tone te trap en om op mense te trap, maar dit word ons al van kleins af geleer, so ek gaan nie om hieroor uitwei nie.

Behou jou stem

Sheryl Sandberg het gesê: “I want every little girl who’s told she’s bossy, to be told she has leadership skills instead.” Hoe reg is sy nie? Toe ek op skool was, het seuns opgestaan in die klas om ’n opinie te lug en hulle is aangemoedig om hul leierskapseienskappe te ontwikkel.

Toe ek dit doen as selfversekerde 16-jarige, is ek gesien as ’n meisie wat voor op die wa is en eerder stil en op haar plek moet wees. Dit is steeds ’n werklikheid in die 21ste eeu. Mans en vroue hoef nie dieselfde eienskappe te hê nie, maar ons as vroue hoef nie ons stem in die proses te verloor nie.

LEES OOK: 'Ekskuus, waar is jou maniere?'

In die lig van Internasionale Vrouedag (8 Maart) wil ek beaam wat Zozibini Tunzi in haar finale Mej. Heelal-toespraak gesê het: “We should be teaching young girls to take up space.” As ek dit op billboards kon print in Suid-Afrika, het ek dit gedoen.

Om om verskoning te vra vir wat ek is en dit waarvoor ek staan, het my nog nooit gehelp nie. Inteendeel, ek dink baie geleenthede het my ontglip omdat ek te sleg gevoel het om daarvoor te gaan.

Mans en vroue hoef nie dieselfde eienskappe te hê nie, maar ons as vroue hoef nie ons stem in die proses te verloor nie.

Jip, vroue voel sleg om sterk, selfstandig en suksesvol te wees, want netnou hou mense nie van my nie. Liewe dogter, vrou en suster, dit maak regtig nie saak as mense nie van jou hou nie! Jy hoef in elk geval nie kritiek van iemand te neem van wie jy nie advies sou neem nie.

Hou op jammer sê vir wie jy is, wat jy wil hê en die keuses wat jy vir jou lewe maak. Leer om nee te sê, om te kan verskil en om jou stem te laat tel. Ek moedig jou nie aan om aggressief te wees nie, maar wel selfgeldend.

Neem eienaarskap

Wees ’n Meghan Markle en maak jou eie reëls. Ons kan ongelooflik baie by haar leer. Sy is in ’n klas van haar eie wanneer dit kom by haar lewe en in hoe sy doen wat die beste is vir haar gesin. En nee, sy hoef beslis vir niemand om verskoning daaroor te vra nie, want sy leef nie vir die skare nie, sy leef vir haar en haar gesin se geluk. Sy hoef nie die minste te wees nie, want hoekom moet enige vrou ooit die minste wees?

As ek eendag een belangrike ding vir my dogter kan leer, is dit om nooit terug te staan vir enigiemand of enigiets nie. Geleenthede, verhogings en besigheidsklas vlieg gaan nie net in jou skoot val omdat jy goeie maniere het nie.

As ek eendag een belangrike ding vir my dogter kan leer, is dit om nooit terug te staan vir enigiemand of enigiets nie.

Jy gaan daarvoor moet vra en jy gaan dit moet aanhou vra sodat die mense agter in die lokaal jou ook kan hoor. Neem eienaarskap van jou spasie, weet wat jy na die tafel bring en hou op om terug te staan vir geleenthede wat na jou kant toe kom.

Jy mag wees net wie jy wil wees, sonder om jammer te sê daarvoor.

  • Marciel Hopkins (27) is ’n model, lewensafrigter, motiveringspreker en ’n gasskrywer vir Die Student. Sy het drama aan die Universiteit Stellenbosch gestudeer en het in Franschhoek en die Paarl grootgeword.
  • Menings is rubriekskrywers se eie en weerspieël nie noodwendig dié van Netwerk24 nie.
  • Volg ons op Instagram en Facebook!
  • Wonder jy waaroor studente praat? Lees meer meningstukke hier.
  • Ons stuur elke Vrydag ‘n nuusbrief uit met die drie gewildste meningstukke van die week. Klik hier en teken in vir die Stemme-nuusbrief.
besig om te laai... Regstreeks
Bangladesh 465/10
Sri Lanka 397/10 & 39/2
Rand - Dollar
16.02
-0.6%
Rand - Pond
19.80
+0.4%
Rand - Euro
16.80
-0.1%
Rand - Aus dollar
11.19
-0.1%
Rand - Jen
0.13
-1.7%
Goud
1,816.71
+0.1%
Silwer
21.43
-0.9%
Palladium
1,997.00
-2.9%
Platinum
939.00
-1.8%
Brent-ruolie
111.93
-2.1%
Top-40
62,494
-0.9%
Alle aandele
69,083
-0.9%
Hulpbronne 10
71,795
-1.4%
Industriële 25
76,804
-1.3%
Finansiële 15
16,026
+0.8%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Blitsblik op ’n maatskappy

Volg die maatskappy se aandeelprys en lees nuwe Sens-verklarings en resultate hier.

Verkeer in jou area

Kies 'n area om verkeersvoorvalle op jou roete te sien.

Klik om te stel
Nuuswenke

Het jy 'n nuuswenk of storie wat jy graag met Netwerk24 wil deel? Stuur gerus 'n e-pos aan ons nuusspan.

Stuur 'n e-pos