Marciel: 'Nóú, meer as ooit, móét ons na mekaar omsien'

akkreditasie
Marciel Hopkins
Marciel Hopkins

Sjoe, wat ’n interessante tyd in die wêreldgeskiedenis. Ons is wêreldwyd deur die ekonomiese en gesondheidsimplikasies van Covid-19 getref wat ons met angs en onsekerheid lamlê.

Klein besighede en restaurante maak die een na die ander hulle deure toe en ons harte pyn saam met elkeen wat hulle werk en drome in die proses verloor. Dokters en verpleegsters werk hulle vingers stompies en kry bitter min erkenning vir die opofferinge wat hulle vir die mensdom maak.

“Skryf net asseblief oor iets positiefs my kind,” vra my pa.

Terselfdertyd word George Floyd onregmatig vermoor onder die knie van ’n polisieman in Minneapolis, Minnesota, en die wêreld is in opstand teen rassisme. In Suid-Afrika lees ons weekliks van wrede plaasmoorde wat ons moed in ons skoene laat sak, want die probleem word net onder die mat ingevee.

Ons word oorlaai met propaganda en fopnuus op sosiale media, wat dit moeilik maak om die blink kant bo te hou.

“Skryf net asseblief oor iets positiefs my kind,” vra my pa.

Waar begin ’n mens? Soveel mense is in nood en pyn, waar begin ’n mens eens om ’n verskil te maak?

Reik uit na jou naaste

Begin klein, veral as jy oorweldig voel. Wie in jou nabye omgewing het hulp nodig na wie jy ’n helpende hand kan uitreik? Wie het ’n kospakkie of warm kombers nodig vir die winter?

Daar is soveel voedingskemas in minderbevoorregte gemeenskappe by wie jy ’n bydrae kan maak, hetsy dit finansieel is of om te help broodjies smeer. Baie mense kan nie op die oomblik finansiële bydraes maak nie as gevolg van salarisse wat gesny word, maar ’n mens kan probeer help deur wintersklere en komberse te skenk waarvan daar dalk ekstra in jou huis is.

’n Winterskombers word dalk as vanselfsprekend beskou in jou huishouding, maar in ’n ander huis is dit ’n uiterste noodsaaklikheid om die winter te oorleef.

’n Winterskombers word dalk as vanselfsprekend beskou in jou huishouding, maar in ’n ander huis is dit ’n uiterste noodsaaklikheid om die winter te oorleef.

Ek het 40 aanlyn ure se life coaching pro bono gedoen om vir mense emosionele bystand te bied in die inperking. Wat my laat dink het: Daar is soveel onderwysstudente wat tans onseker is oor die res van die jaar en wanneer hulle sal kan terugkeer universiteit toe.

Gebruik jou energie en vaardighede om kinders op aanlyn platforms te onderrig. Baie ouers is tans terug by die werk en kinders het ’n behoefte aan iemand om hulle te ondersteun met hul huiswerk.

Private onderrig is slegs ’n enkele voorbeeld. Indien jy vaardighede het wat jy kan gebruik om ander by te staan in hierdie tyd, doen so! Om op ander mense te fokus en van diens te wees in tye van nood het my gehelp om nie in my eie onsekerheid en teleurstellings vasgevang te word nie. Dit laat ’n mens besef hoe ongelooflik baie ons het om voor dankbaar te wees as jy empatie het met ander se nood.

LEES OOK: Het jy al in dié tyd 'n skenking gemaak?

Ek het onlangs ’n aanhaling gelees wat vir my so mooi was.

“What if 2020 is a year so uncomfortable, so painful, so scary, so raw – that it finally forces us to grow. A year that screams so loudly, finally awakening us from our ignorant slumber. A year we finally accept the need for change. Declare change. Become the change. A year we finally band together, instead of pushing each other further apart,” skryf die aspirant-digter Leslie Dwight.

Dis 'n moeilike jaar vir almal!

Toe ek dit lees, het dit my aan Suid-Afrikaners laat dink: Ons is veerkragtiger as wat ons dink en as ons saam staan as ’n nasie, kan ons soveel meer vermag! Ons is dalk nie almal in dieselfde bootjie nie, maar ons beleef dieselfde storm. 2020 is vir niemand gemaklik nie: Vrees, hartseer en teleurstelling is deel van ons elkeen se realiteit. Ons mis net so dikwels mekaar se noodkrete, want ons is in ons eie klein wêreld vasgevang.

Nóú, meer as ooit, móét ons na mekaar omsien en weerlose mense beskerm, in plaas daarvan om mekaar weg te stoot. Ons moet luister na ons land se noodkrete en ’n verskil probeer maak waar ons kan, al voel dit vir jou hoe klein en onbelangrik.

“Small acts, when multiplied by millions of people, can transform the world.”

  • Marciel Hopkins (27) is ’n model, lewensafrigter, motiveringspreker en ’n gasskrywer vir Die Student. Sy het drama en ook 'n honeurs in sielkunde aan Stellenbosch Universiteit voltooi en het in Franschhoek en die Paarl grootgeword.
  • Menings is rubriekskrywers se eie en weerspieël nie noodwendig dié van Netwerk24 nie.
  • Wonder jy waaroor studente praat? Lees meer meningstukke hier.
  • Volg ons op Instagram en Facebook!
  • Ons stuur elke Vrydag ‘n nuusbrief uit met die drie gewildste meningstukke van die week. Klik hier en teken in vir die Stemme-nuusbrief.

WIL JY VIR DIE STUDENT SKRYF?

Maar jy wonder nog die heeltyd hoe dit werk? Kyk hierdie video.

IS JY NETWERK24 SE STUDENT VAN DIE JAAR?

Jy kan R10 000 wen!

besig om te laai... Regstreeks
Bangladesh 465/10
Sri Lanka 397/10 & 39/2
Rand - Dollar
16.10
-1.1%
Rand - Pond
19.86
+0.1%
Rand - Euro
16.84
-0.3%
Rand - Aus dollar
11.19
-0.1%
Rand - Jen
0.13
-2.1%
Goud
1,816.90
+0.1%
Silwer
21.41
-1.1%
Palladium
2,006.00
-2.4%
Platinum
938.50
-1.8%
Brent-ruolie
111.93
-2.1%
Top-40
62,494
-0.9%
Alle aandele
69,083
-0.9%
Hulpbronne 10
71,795
-1.4%
Industriële 25
76,804
-1.3%
Finansiële 15
16,026
+0.8%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Blitsblik op ’n maatskappy

Volg die maatskappy se aandeelprys en lees nuwe Sens-verklarings en resultate hier.

Verkeer in jou area

Kies 'n area om verkeersvoorvalle op jou roete te sien.

Klik om te stel
Nuuswenke

Het jy 'n nuuswenk of storie wat jy graag met Netwerk24 wil deel? Stuur gerus 'n e-pos aan ons nuusspan.

Stuur 'n e-pos