MARCIEL SKRYF: Vakansie, vetrolletjies en voornemens

akkreditasie
Marciel Hopkins
Marciel Hopkins

Die nuwe jaar het amptelik aan ons deur kom klop, of ons nou reg is daarvoor of nie!

Vir party is dit ’n nuwe begin waarna hulle al lank uitsien. Vir ander het gemengde gevoelens as dit kom by Nuwejaarsvoornemens en hoe lank hulle wérklik daarby gaan hou.

Ai – en vir baie hou dit die hoop in om ná die Desembervakansie se doppies en tjoppies gewig te verloor. Maar voor ek oor enige Nuwejaarsvoornemens gesels, wil ek graag reflekteer op die vakansie.

Desembervakansies skets altyd vir my ’n prentjie van duisende Suid-Afrikaners wat baljaar en ontspan op die strand en die heerlike reuk van gebraaide tjoppies wat in die lug hang.

Tog is daar soveel vroue, tieners én mans wat te skaam is om die strand aan te durf, want hulle glo nie hulle lyk mooi of maer genoeg nie.

Ek onthou hoe ek as tienermeisie dit nie wou waag om uit my kortbroek te klim terwyl ons op die strand is nie, want net nou stel ek ’n bietjie van my selluliet aan die wêreld ten toon.

En mense is wreed, ons kan nou maar sê wat ons wil, maar ons oordeel mekaar!

Dit begin al van kleins af wanneer ons klasmaatjies uitwys wat anders as ons lyk. “Hei, jou vettie, jy moet minder van daai tjips eet,” is woorde wat ons vir die res van ons lewens bybly.

Gesond lyk verskillend vir almal

As ’n life coach werk ek dikwels met jong meisies wat selfbeeldprobleme het.

Hulle word nie noodwendig deur die kinders in hul eie jaargroep geboelie nie, maar wel deur hul ouers.

“Sussie, jy moet begin kyk na wat jy eet, want jou boude raak ál hoe groter in daai jeans.”

Sosiale media, skoonheidskompetisie, tydskrifte en die televisie stuur alreeds die boodskap aan vroue dat hulle nie goed genoeg is nie, en dan sal ’n jong meisie se ouers dit nog bevestig!

Nee, nee, nee – dit is onaanvaarbaar!

Die mamma sal haar stelling probeer verdedig deur te sê sy is bekommerd oor haar dogter se gesondheid, of sy gaan geboelie word óf nog erger: “Ek is bang sy gaan nie ’n man kry nie!?”

As jy ooit bekommerd is oor jou kind of jou vriendin wat moontlik oor hulle gewig geboelie gaan word, begin dalk eers by jouself en maak seker jy is nie reeds die grootste boelie in die vertrek nie.

Om gesond te wees lyk verskillend aan elke liggaam. Daar is geen spesifieke liggaamsgrootte wat vir jou ’n stampof approval vir gesondheid gee nie, want elkeen se liggaam is anders.

Jou dogter gaan nooit presies soos jy lyk of dieselfde as jy kan weeg nie.

Sy is haar eie unieke mens met ’n unieke liggaamsvorm. As jy ooit bekommerd is oor jou kind of jou vriendin wat moontlik oor hulle gewig geboelie gaan word, begin dalk eers by jouself en maak seker jy is nie reeds die grootste boelie in die vertrek nie.

En eerlikwaar – in watter tyd leef ons nog dat daar steeds geglo word nét maer meisies het die reg om met ’n oulike man te trou? Vir al wat ons weet, is jou dogter met haar ekstra twee vetrolletjies, oor tien jaar die baas van haar eie maatskappy en het sy nie ’n man nodig as sy nie wil nie.

So oor vakansie hou en die vetrolletjies van ander… Hulle is nie joune nie, so los hulle uit.

Wat ander mense doen en dra, het werklik niks met jou te doen nie.

Fokus op jou eie geluk en gesondheid, en kom ons probeer om mekaar in dié nuwe jaar op te bou eerder as om mekaar af te breek.

Baie liefde en VET drukkies,

Marciel

  • Marciel Hopkins (25) is 'n model, life coach en motiveringspreker en 'n gasskrywer vir Die Student. Sy het drama aan die Universiteit Stellenbosch studeer en het in Franschhoek en die Paarl groot geword.
besig om te laai... Regstreeks
England (w) 0
South Africa (w) 284/10
besig om te laai... Regstreeks
West Indies 408/10
Bangladesh 234/10 & 132/6
Rand - Dollar
15.85
-0.3%
Rand - Pond
19.46
-0.4%
Rand - Euro
16.78
-0.7%
Rand - Aus dollar
10.98
-0.1%
Rand - Jen
0.12
-0.1%
Goud
1,823.52
-0.2%
Silwer
21.16
+0.1%
Palladium
1,876.00
-0.2%
Platinum
911.50
0.0%
Brent-ruolie
113.12
+2.7%
Top-40
61,525
+2.6%
Alle aandele
67,827
+2.2%
Hulpbronne 10
65,489
+1.7%
Industriële 25
80,203
+4.7%
Finansiële 15
15,428
-1.3%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Blitsblik op ’n maatskappy

Volg die maatskappy se aandeelprys en lees nuwe Sens-verklarings en resultate hier.

Verkeer in jou area

Kies 'n area om verkeersvoorvalle op jou roete te sien.

Klik om te stel
Nuuswenke

Het jy 'n nuuswenk of storie wat jy graag met Netwerk24 wil deel? Stuur gerus 'n e-pos aan ons nuusspan.

Stuur 'n e-pos