MILA SKRYF: Platsak, maar gelukkig

akkreditasie
Mila Guy.
Mila Guy.

Soos enige 26-jarige vra ek myself gereeld af: Wat is die doel van die lewe? En hoe kan ek op my heel gelukkigste wees in hierdie kort lewetjie?

Ek weet daar is nie maklike antwoorde nie, maar ek dink ek het afgekom op dit wat die lewe waarlik verryk – om te reis.

Dis so maklik en so moeilik soos dit.

Maar om te reis is duur en om Suid-Afrikaanse rande na ander lande te neem, is soos om ’n mes na ’n skietgeveg te bring.

Vroeër vanjaar het ek myself in ’n penarie bevind. ’n Baie gewilde en ontstellende sê-ding som dit soos volg op: “Wanneer jy jonk is, het jy tyd en energie, maar nie geld nie. Wanneer jy ouer word, het jy geld en energie, maar nie die tyd nie. En later, wanneer jy uiteindelik genoeg tyd en geld het, het jy nie meer energie nie.”

Ek was nogal platsak, met geen vooruitsig van werk nie – iets wat enige aktrise maar te goed ken. Die probleem was dat daar ’n lastige e-pos in my gemorspos-lêer ingekruip het en dat dit my oog getref het met ’n deluxe special na New York vir R6 000.

New York was nou nog altyd boaan my lysie, so ek kon nie hierdie aanbieding laat verbygaan nie.

Natuurlik nie.

Wees 'n toeris in jou tuisdorp

Ek is ’n groot voorstander daarvan om jou daaglikse lewe ook as toeris deur te bring.

Jou tuisdorp kan ’n verrassende toeristeattraksie wees, as jy net die regte goed raaksien.

Probeer dit. Sit jou foon af, soos ’n regte toeris. Stap rond. Ontdek nuwe plekke. Gaan besoek die attraksies. Ontdek donker kroeë of bistro’s of agterstraat- Indiese plekke, wat ook ’n pool-tafel het en wat vreemde biere bedien wat in 1993 van ’n vragskip afgeval het.

“Die wêreld is ’n boek en dié wat nie reis nie, lees net een bladsy.” Blykbaar het St. Augustinus dit gesê, maar dit kon ook Miley Cyrus gewees het.

Kyk na jou dorp asof jy ’n toergids moet wees vir ’n ou van Tasmanië en kyk wat doen dit vir jou algehele vibe.

Met dit alles gesê – New York vir R6 000! Ek moes dit doen. Ek het dit toe gewaag en die kaartjie gekoop en soos enige gesoute reisiger weet, is die koop van die kaartjie maar net 80% van die uitdaging.

Op die een of ander manier het alles daarna in plek geval. ’n Goedkoop Airbnb in ’n vreemde Latyns-Amerikaanse woonbuurt, ’n vinnige visum-aansoek, ’n Chinese deli wat bekostigbare kos net om die hoek verkoop en ’n reismaat wat bereid is om al die duur attraksies oor te slaan en net rond te speel in die sneeu en storms van ’n grys Februarie in New York, terwyl ons oorleef op bagels en Margarita-specials by die Taqueria.

Mila Guy.
Mila Guy.
Die volgende boekmerk

My jaar het nie veel beter geraak ná die toer nie. Werk het nie uit die niet verskyn nie, oudisies het nie gegaan soos ek graag sou wou hê nie en om die een of ander rede het ek nie die Lotto gewen nie, maar ek het oorleef en met my toer as boekmerk aan die begin van my jaar, het die res tussenin nie veel saak gemaak nie.

En nou werk ek aan my volgende boekmerk.

Dit mag dalk plaaslik wees, of dit mag dalk Rusland wees. Ek is nie seker nie, maar ek is bly ek het vroeg begin, en ek dink jy moet ook.

Al is dit net om corny quotes te gebruik: “Die wêreld is ’n boek en dié wat nie reis nie, lees net een bladsy.” Blykbaar het St. Augustinus dit gesê, maar dit kon ook Miley Cyrus gewees het.

  • Mila Guy (26) is 'n aktrise en 'n gasskrywer vir Die Student. Sy het drama aan die Universiteit van Pretoria studeer. Sy kom oorspronklik van Nelspruit, waarna hulle gesin Nieu-Seeland toe geëmmigreer het.
  • Hierdie meningstuk is oorspronklik in Engels geskryf en in Afrikaans vertaal. Klik hier om die Engelse weergawe te lees.
besig om te laai... Regstreeks
West Indies 340/5
Bangladesh 234/10
besig om te laai... Regstreeks
England 360/10
New Zealand 329/10 & 168/5
Rand - Dollar
15.80
+1.1%
Rand - Pond
19.39
-0.0%
Rand - Euro
16.68
-0.0%
Rand - Aus dollar
10.98
-0.1%
Rand - Jen
0.12
-0.0%
Goud
1,827.37
0.0%
Silwer
21.15
0.0%
Palladium
1,880.50
0.0%
Platinum
911.50
0.0%
Brent-ruolie
113.12
+2.7%
Top-40
59,993
+1.6%
Alle aandele
66,349
+1.6%
Hulpbronne 10
64,422
-0.2%
Industriële 25
76,590
+2.6%
Finansiële 15
15,623
+1.9%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Blitsblik op ’n maatskappy

Volg die maatskappy se aandeelprys en lees nuwe Sens-verklarings en resultate hier.

Verkeer in jou area

Kies 'n area om verkeersvoorvalle op jou roete te sien.

Klik om te stel
Nuuswenke

Het jy 'n nuuswenk of storie wat jy graag met Netwerk24 wil deel? Stuur gerus 'n e-pos aan ons nuusspan.

Stuur 'n e-pos