Moenie skaam wees vir jou Afrikaanse aksent as jy Engels praat nie...

akkreditasie
Marciel Hopkins
Marciel Hopkins

Ek het Afrikaans grootgeword en my eerste Engelse woord het ek seker op sewejarige ouderdom gesê.

Ek was in ’n Afrikaanstalige laer- en hoërskool waar ons net Engels gepraat het as ons ’n mondeling moes aflê – wat ook net een of twee keer per jaar gebeur het.

My pa het gereeld oorsee gereis toe ek jonger was, maar geeneen van my ouers het ooit met my Engels gepraat nie.

Inteendeel, dit was vir hulle baie belangrik dat ek in Afrikaans moes skoolgaan.

So my Engels was nie besonder afgerond teen die tyd dat ek Universiteit Stellenbosch toe is waar ek die volle drie jaar van my BA Drama-graad my sielkundenotas woord vir woord uit Engels in Afrikaans vertaal het nie.

Dit was eers in my sielkunde-honneursjaar dat ek in Engels begin “dink, leer en verstaan het”.

Groot penarie in my vierde jaar toe ek as primaria van my koshuis gekies is en verplig is om Engels te praat op ons huisvergarderings.

So my Engels was nie besonder afgerond teen die tyd dat ek Universiteit Stellenbosch toe is waar ek die volle drie jaar van my BA Drama-graad my sielkundenotas woord vir woord uit Engels in Afrikaans vertaal het nie.

Teen dié tyd het ek gelukkig ’n Engelse kamermaat gehad met wie ek aande om gesels het, maar my Engels was nie noodwendig voorbereid om met selfvertroue voor 164 meisies te praat nie.

Ek sal my eerste huisvergadering as primaria nooit vergeet nie. Ek was vreeslik gespanne, ek was papnat gesweet en het skoon rooi in my nek uitgeslaan.

Nietemin, ek het die vreesaanjaende aand oorleef en daarna het dit stelselmatig makliker geword.

Vandag, vier jaar later, doen ek motiveringspraatjies in Engels voor gehore van 250 mense en ek raak darem nie meer rooi in my nek nie.

My hartstaal

Dit was wel ’n taaluitdaging toe ek besluit om in my honneursjaar vir Mej. Suid-Afrika in te skryf! Ek bedoel, my huisvergadering-Engels het om elke hoek en draai ’n plat Afrikaanse woord in gehad, maar nou sou ek onderhoude in Engels moes doen en gemaklik lyk daarmee!

So begin my soektog toe na ’n Engels-dosent wat my nauurs kan help om my Engels af te rond.

LEES OOK: ‘Ek is nie ’n verraaier van Afrikaans as ek in Engels studeer nie’

Ek moes leer om op my voete te dink as iemand vir my iets moeilik in Engels vra en om op te hou “jah” sê na elke tweede sin.

Die dosent kon byna geen woord Afrikaans praat nie, maar ek lag nou nog omdat sy naam Jan was.

Ek dink nie ek het te sleg gevaar met die onderhoude nie, want ek het dit gemaak as ’n top-12-finalis vir Mej. Suid-Afrika in 2015.

So al gaan my kinders in Engelstalige skole wees, sal daar in my huis Afrikaans gepraat word. En sonder twyfel, al reis ek die hele wêreld vol, sal Afrikaans altyd my hartstaal bly.

Dit beteken nie dat ek my ouers verkwalik dat ek nie méér Engels grootgemaak is nie en dat ek altyd in die kompetisie gevoel het dat ek ’n agterstand het omdat alles in Engels was nie.

Maar ek het werklik baie geleer uit my ervaringe en hoe ek dit anders in my eie kinders se lewe sal benader.

So lief en trots as wat ek vir en op my taal is, is dit belangrik om te kan Engels praat vir die toekoms en die geleenthede wat dit vir jou kan inhou.

So al gaan my kinders in Engelstalige skole wees, sal daar in my huis Afrikaans gepraat word. En sonder twyfel, al reis ek die hele wêreld vol, sal Afrikaans altyd my hartstaal bly.

Bedreigde ‘bokkie’

As model werk ek tans 90% van die tyd met internasionale kliënte vir wie dit fassinerend is dat ek Afrikaans praat.

Dit maak my anders en daarom onthou hulle my. Ek leer vir hulle oulike woorde en ek kan lekker skinder oor voice notes terwyl hulle gesels in Duits of Frans.

Tog is dit beroepsgewys vrek belangrik dat ek professioneel met hulle in Engels kan kommunikeer, hetsy dit gesproke of via e-pos is.

So ek het dit deel van my lewensdoel gemaak om Afrikaans saam met my te neem oral waar ek in die wêreld gaan. Al is dit in die kleinste maniere soos my gereelde Duitse kliënt wat my nou “Bokkie” noem.

Ek het onlangs gelees Afrikaans is ’n bedreigde taal en dat al hoe minder mense dit praat.

So ek het dit deel van my lewensdoel gemaak om Afrikaans saam met my te neem oral waar ek in die wêreld gaan. Al is dit in die kleinste maniere soos my gereelde Duitse kliënt wat my nou “Bokkie” noem.

Dit is ’n voorreg om tweetalig te kan wees en dit gee my soveel selfvertroue in alles wat ek doen, hoewel ek nooit weer sal terugstaan weens my Afrikaanse identiteit nie.

Taal bepaal nie potensiaal!

So met dié skrywe wil ek sê: Jy hoef nooit skaam te wees vir jou Afrikaanse aksent in ’n Engelse wêreld nie.

Jou taal bepaal nie jou potensiaal nie en dit is nie ’n deurslaggewende faktor van jou sukses nie.

LEES OOK: Moedertaaldag: Vandag vier ek fees in Afrikaans

As jy as tiener vir my gesê het ek gaan die einde van dié jaar drie maande in New York werk, sou ek lag en gesê het: “Is jy laf!

Ek het grootgeword op ’n plaas en ek praat net Afrikaans. Niemand gaan my verstaan nie en sulke groot drome is nie vir my beskore nie . . .”

Nietemin, my ma kan nie wag vir haar eerste poskaart in Afrikaans wanneer ek September in New York land nie.

  • Marciel Hopkins (25) is 'n model, life coach, motiveringspreker en 'n gasskrywer vir Die Student. Sy het drama aan die Universiteit Stellenbosch studeer en het in Franschhoek en die Paarl groot geword.
  • Menings is rubriekskrywers se eie en weerspieël nie noodwendig dié van Netwerk24 nie.
  • Volg Die Student op Instagram!
besig om te laai... Regstreeks
Bangladesh 465/10
Sri Lanka 397/10 & 39/2
Rand - Dollar
16.06
-0.9%
Rand - Pond
19.83
+0.3%
Rand - Euro
16.81
-0.1%
Rand - Aus dollar
11.18
-0.0%
Rand - Jen
0.13
-1.9%
Goud
1,818.36
+0.2%
Silwer
21.44
-0.9%
Palladium
2,003.00
-2.6%
Platinum
939.00
-1.8%
Brent-ruolie
111.93
-2.1%
Top-40
62,494
-0.9%
Alle aandele
69,083
-0.9%
Hulpbronne 10
71,795
-1.4%
Industriële 25
76,804
-1.3%
Finansiële 15
16,026
+0.8%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Blitsblik op ’n maatskappy

Volg die maatskappy se aandeelprys en lees nuwe Sens-verklarings en resultate hier.

Verkeer in jou area

Kies 'n area om verkeersvoorvalle op jou roete te sien.

Klik om te stel
Nuuswenke

Het jy 'n nuuswenk of storie wat jy graag met Netwerk24 wil deel? Stuur gerus 'n e-pos aan ons nuusspan.

Stuur 'n e-pos