MT Steyn-standbeeld: Moenie die verlede uitwis nie

akkreditasie
Die M.T. Steyn-standbeeld op die UV-kampus.

Die alombekende standbeeld van Marthinus Theunis (MT) Steyn geleë voor die hoofgebou op die Universiteit van die Vrystaat (UVS) se kampus is tans in die kollig. Daar word dispute gelewer oor of dié standbeeld moet bly en of dit eerder verwyder moet word.

Kom ons wees eerlik, hoeveel mense ken die geskiedenis van MT Steyn?

MT Steyn (gebore 2 Oktober 1857 en oorlede 28 November 1916) was die sesde en laaste president van die voormalige onafhanklike Oranje Vrystaat.

Daar word tans oorweeg of dié standbeeld op die UVS-kampus moet bly staan en of dit nie dalk te veel ooreenstem met die politiese uitkyk van ’n Suid-Afrika van ’n vorige era nie.

Om ’n standbeeld te verwyder wat op ’n eerbare erfenisgebied staan sal dalk vir MT Steyn uit die oog verwyder, maar dit sal beslis nie sy ryk geskiedenis net laat verdwyn nie. Dit is een van die mees ikoniese skeppings van die beeldhouer Anton van Wouw.

Hoewel MT Steyn se standbeeld nie die gewildste is nie, moet daar steeds besef word dat hy vir sommige mense ’n held was.

Ek dink nie die verwydering van een area gaan enigsins die pad vorentoe verbeter nie. Daar kan meer aandag gegee word aan die hede en moontlike oplossings vir hedendaagse kwessies eerder as om onsself te bekommer oor dit wat was.

Voeg eerder by tot die nuwe geskiedenis en moenie net fokus op die afbreek van dit wat gebeur het nie. Die verlede is in die verlede en daar is beslis ’n helder en positiewe toekoms wat vir ons land voorlê.

Dit is dalk ’n herinnering aan die verlede, maar dit kan ook gesien word slegs as geskiedenis en ’n herinnering dat ons nie meer in dáárdie era leef nie.

Daar is genoem dat dié standbeeld nare herinneringe terugbring van die apartheidsera, maar daar kan gerus bakens opgerig word wat diegene van ná 1994 ook kan vereer.

Liebet Pretorius

Dit is dalk ’n herinnering aan die verlede, maar dit kan ook gesien word slegs as geskiedenis en ’n herinnering dat ons nie meer in dáárdie era leef nie.

Hoewel MT Steyn se standbeeld nie die gewildste is nie, moet daar steeds besef word dat hy vir sommige mense ’n held was. Deur geskiedenis visueel te probeer afbreek gaan nie die geskiedenis op papier verwyder nie. Om na die saak te kyk sonder om die aspek van ras in te bring is byna onmoontlik, maar gaan die verwydering van ’n standbeeld werklik help om die proses van vorentoe beweeg aan te help?

Dit is deel van ons land se erfenis en indien dit gesien word as ’n saak van ongelykheid moet die standbeeld dan eerder net geskuif word omdat mense die plek waar dit geleë is, as ’n posisie wat gepaard gaan met mag beskou.

Oorweeg eers of dit werklik tot gelykheid sal lei indien die standbeeld wel verwyder word en of dit nie net is om die geskiedenis te probeer vermy nie.

Ek wonder hoeveel studente wat daagliks verby dié standbeeld stap, ken werklik die geskiedenis – en hoeveel stem net uit gerieflikheid saam met dié proses van moontlike verwydering.

  • Liebet Pretorius (20) studeer BA Kommunikasiekunde aan die Universiteit van die Vrystaat. Sy spesialiseer in mediastudies, sielkunde en sosiologie. Sy is in Robertson gebore, het skool gegaan in Pretoria en Oos-Londen, en haar gesin woon nou in Bredasdorp in die Wes-Kaap.
Rand - Dollar
16.43
+0.1%
Rand - Pond
19.80
+0.1%
Rand - Euro
16.70
+0.1%
Rand - Aus dollar
11.54
+0.1%
Rand - Jen
0.12
+0.2%
Goud
1,781.07
+0.1%
Silwer
20.22
-0.3%
Palladium
2,149.50
-0.1%
Platinum
936.78
-0.1%
Brent-ruolie
95.10
-3.2%
Top-40
64,022
0.0%
Alle aandele
70,741
0.0%
Hulpbronne 10
63,315
0.0%
Industriële 25
86,967
0.0%
Finansiële 15
16,154
0.0%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Blitsblik op ’n maatskappy

Volg die maatskappy se aandeelprys en lees nuwe Sens-verklarings en resultate hier.

Verkeer in jou area

Kies 'n area om verkeersvoorvalle op jou roete te sien.

Klik om te stel
Nuuswenke

Het jy 'n nuuswenk of storie wat jy graag met Netwerk24 wil deel? Stuur gerus 'n e-pos aan ons nuusspan.

Stuur 'n e-pos