Ope brief aan al die Ruperts van SA

akkreditasie

Liewe Oom Johann Rupert

Deur Suid-Afrika heen, om elke hoek en draai is daar liefdadigheidsorganisasies.

Meestal, of eerder dikwels, word daar mense se name aan hierdie organisasies gekoppel wat sukses op een of ander manier behaal het.

Ek wil net noem dat ek in beginsel glad nie ’n probleem met hierdie gebruik het nie. Daar is egter ’n mate van ’n stigma dat party dit gebruik om hul gewete te sus, maar dis nie waarheen ek op pad is nie.

Mense ly honger en kry swaar in Suid-Afrika. Daar is geen debat nodig om daardie standpunt te staaf nie. Maar tog is die sopkombuis, staatsubsidie, gratis krag en behuising, baie op die trant van vis uitdeel in plaas van iemand leer visvang.

Suid-Afrika se helling is afwaarts. En met ons huidige stelsel om gelykheid te bevorder is daar nie werklik baie vordering om hierdie helling positief te draai nie.

Albert Kruger

Al wat hierdie “gee”-stelsel regkry is om meer mense aan die lewe te hou vir die Suid-Afrika begrafnis wat vinniger op pad is as wat meeste mense bereid is om te erken.

In kort: ons plan werk nie. Die een groot siekte: Belaglik hoë vlak van korrupsie. Die land word fisiek bankrot gesteel. Geld wat stom is, maak reg wat krom is en dis my wekroep aan dié wat hierdie kosbare hulpbron het. Ons het ’n skoonvee nodig.

Die pleister oor die wond werk lankal nie meer nie. Die pleister van NSFAS, HOP-huise, BBBEE se beginsel is nie meer van toepassing nie.

Dis tyd dat ons hierdie pleister afruk en die swerende wond skoonmaak.

Dit gaan seer wees en die land gaan dit voel. Die reaksie op Ace Magashule se inhegtenisneming het vir ons gewys dat dit aanvanklik ’n moeilike stryd gaan wees.

Thuli Madonsela se destydse verslag oor oudpresident Jacob Zuma het die onmiddellike gevolg van ’n kleiner begroting vir die nasionale vervolgingsgesag gehad. Weer eens is dit die nuus wat ons stryd teen korrupsie kelder. ’n Tekort in die NVG-begroting. En dis nou hier, oom Johann, waar jy kan help.

Dis tyd dat ons hierdie pleister afruk en die swerende wond skoonmaak.

Ons, bedoelende Suid-Afrika, het hulpbronne nodig, staatsadvokate, beskerming vir staatsgetuies, forensiese rekenmeesters en tyd vir ’n massiewe terugvegpoging om ons land te red.

Oom, ek weet Oom is een van die grootste belastingbetalers en ek weet Oom gee ook baie, maar op die oomblik betaal Oom dubbele belasting.

Oom se belasting word gesteel en die armes word armer. Ek waardeer die liefdadigheidswerk en miljoene rande wat in die welsyn van armes en behoeftiges gepomp word, maar dis nou tyd om vuur met vuur te beveg.

AfriForum doen uitstekende werk, maar ons moet op groot skaal oorlog verklaar teen korrupsie, dis al wat die land kan red.

Ek glo dat ’n sterk poging en geld wat in ordentlike vervolging belê word, ons in op lang termyn in die posisie sal plaas dat Oom en ander welvarendes nie meer Oom se beursie vir behoeftiges hoef te skud nie.

So graag soos wat ek by die #Iamstaying-beweging wil aansluit, kan ek nie.

So graag soos wat ek by die #Iamstaying-beweging wil aansluit, kan ek nie. Die optimis in my sal wil glo dat dit beter sal gaan, maar die realis in my staan met trane in my oë en kyk hoe hierdie skip sink.

Oom Johann, asseblief gee vir Suid-Afrika die grootste Kersgeskenk tot nog toe. Ek glo die land sal komende Kersfees die skaapboud kan opoffer vir ’n regspan.

Dit gaan ’n spanpoging verg, maar ongelukkig laat my en my vriende se studente-sakgeld nie dit toe om ’n prokureur te borg nie. Ek is seker daarvan Oom en Oom se vriende kan ’n plan maak.

Ek wil baie graag in Suid-Afrika bly, maar die kans raak al hoe kleiner.

  • Albert Kruger studeer tans nagraads B. Rekeningkunde aan die Universiteit van Stellenbosch.
  • Menings is rubriekskrywers se eie en weerspieël nie noodwendig die van Netwerk24 nie. 
  • Wonder jy waaroor studente skryf? Lees meer meningstukke hier
  • Volg ons op Instagram en Facebook! 

WIL JY VIR DIE STUDENT SKRYF? 

Maar jy wonder nog die heeltyd hoe dit werk? Kyk hierdie video.

besig om te laai... Regstreeks
South Africa A 297/10 & 116/5
India A 276/10
besig om te laai... Regstreeks
Sri Lanka 204/10 & 328/8
West Indies 253/10
Inperking vir
DAE
URE
MIN
Rand - Dollar
15.95
+0.7%
Rand - Pond
21.22
+0.4%
Rand - Euro
18.02
+0.8%
Rand - Aus dollar
11.31
+0.8%
Rand - Jen
0.14
+0.9%
Goud
1,767.33
-0.8%
Silwer
22.39
+0.3%
Palladium
1,780.47
+2.0%
Platinum
941.12
+0.6%
Brent-ruolie
68.87
-0.5%
Top-40
64,555
-0.4%
Alle aandele
71,021
-0.3%
Hulpbronne 10
67,557
-0.5%
Industriële 25
93,673
-0.4%
Finansiële 15
13,890
+0.1%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Blitsblik op ’n maatskappy

Volg die maatskappy se aandeelprys en lees nuwe Sens-verklarings en resultate hier.

Verkeer in jou area

Kies 'n area om verkeersvoorvalle op jou roete te sien.

Klik om te stel
Nuuswenke

Het jy 'n nuuswenk of storie wat jy graag met Netwerk24 wil deel? Stuur gerus 'n e-pos aan ons nuusspan.

Stuur 'n e-pos