Resensie: The Batman (Matt Reeves; 2022)

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
AJ Lombaard
AJ Lombaard

Daar is nie ’n superheld wat al meer op die grootskerm uitgebeeld is as Batman nie.

Die Caped Crusader is immers al deur 12 verskillende akteurs vertolk, asook deur talle ander in TV-reekse en animasierolprente.

Almal se gunsteling-vampier, Robert Pattinson, vertolk die jongste weergawe van die superheld in Matt Reeves se The Batman wat onlangs uitgereik is.

As ’n lewenslange Batman-aanhanger kan ek sonder voorbehoud sê dat dié lank verwagte rolprent uitstekend is, maar nie sonder sy tekortkominge nie.

Vanuit ’n tegniese oogpunt is die film ryk aan ’n donker atmosfeer wat die korrupte en somber natuur van Reeves se Gotham beklemtoon.

Tesame met die uitstaande rolprentkuns van Greig Frazer, skep Reeves die beste uitbeelding van Batman se misdaadbesmette stad tot nog toe.

'The Batman' is ’n visuele skouspel in sy reg wat enige rolprentliefhebber verstom sal laat.

The Batman is ’n visuele skouspel in sy reg wat enige rolprentliefhebber verstom sal laat.

Ook die klankbaan is uitstaande. Michael Giacchino het seker gemaak dat die prent musikaal uniek is. Giacchino kombineer die emosionele opwinding van Hanz Zimmer se werk met die werk van Danny Elfman om ’n heeltemal unieke ondervinding te skep.

Daar word ’n groter klem geplaas op Batman se talent as iemand wat jou met een skop in die hospitaal kan laat beland.

Dus is die film ’n relatiewe slow burn wat sy gehoor se aandag vereis. Maar dit kom met groot belonings.

Pattinson het groot skoene gehad om te vul met voorgangers soos Michael Keaton en Christian Bale. Ten spyte hiervan is ek bly om te sê dat Pattinson ’n uitmuntende Batman is.

Sy weergawe van die Dark Knight het ’n kalm, maar onbetwisbaar intimiderende aura.

Dit is ook baie gewelddadig, en beklemtoon die suiwer woede en aggressie van dié Batman.

Robert se batsuit is seker my gunsteling tot dusver. Hoewel die kostuum swaar gepantser is, maak dit hom nie onkwesbaar nie. Ons word meer as een keer blootgestel aan die beeld van Bruce wat stukkend en gekneus is ná ’n aand as Batman.

Paul Dano vertolk The Riddler, in wat dalk die varsste aspek van hierdie rolprent is.

’n Mens kan natuurlik nooit oor Batman praat sonder om kollig te skyn op sy antagonis nie. Paul Dano vertolk The Riddler, in wat dalk die varsste aspek van hierdie rolprent is.

Dano lewer ’n sadistiese en afgryslike vertolking en blaas nuwe lewe in hierdie Batman-karakter. Ongelukkig word Dano se Zodiac Killer-agtige karakter nie naastenby soveel gebruik soos wat hulle kon nie.

Soos reeds gesê, The Batman is nie perfek nie. Die fliek is drie uur lank, en ’n mens kom dit agter. Aangesien hulle op die speurderaspek van Batman gekonsentreer het eerder as om meer op aksie te fokus, slaag die rolprent nie daarin om die gehoor deurentyd vasgenael te hou nie.

Die film kon definitief daaruit gebaat het as dit 30 minute korter was.

Sekere aspekte van die skryfwerk en dialoog het straks nie die uitwerking wat Reeves beoog het nie. Sekere dialoë voel te edgy en klink asof ’n jong emo-student dit geskryf het. Ek en ’n vriend het meer as een keer uitgebars van die lag wanneer dit nie bedoel was om snaaks te wees nie.

Catwoman se dialoog oor white privilege was ongemaklik en het gelyk asof dit nie daar hoort nie, soos haar en Batman se romantiese verhouding.

Nogtans het Matt Reeves hom goed van sy taak gekwyt en hy slaan die asem weg met sy visuele vaardighede en riller-belaaide storielyn.

Gradering: 8/10

  • AJ is van Pretoria en ’n derdejaarstudent wat BA Regte aan Tukkies studeer.
  • Menings is rubriekskrywers se eie en weerspieël nie noodwendig die van Netwerk24 nie. 
  • Wonder jy waaroor studente praat? Lees meer meningstukke hier.
  • Volg ons op Instagram en Facebook!

WIL JY VIR DIE STUDENT SKRYF? Maar jy wonder hoe dit werk? Kyk hierdie video: 


besig om te laai... Regstreeks
England 116/6
South Africa 0
besig om te laai... Regstreeks
West Indies 6/0
New Zealand 190/10
Rand - Dollar
16.66
-1.6%
Rand - Pond
20.08
-1.2%
Rand - Euro
16.96
-1.7%
Rand - Aus dollar
11.55
-0.3%
Rand - Jen
0.12
-1.0%
Goud
1,763.50
-0.7%
Silwer
19.81
-1.6%
Palladium
2,144.66
-0.7%
Platinum
928.75
-1.0%
Brent-ruolie
92.34
-3.0%
Top-40
64,168
-0.9%
Alle aandele
70,967
-0.8%
Hulpbronne 10
63,227
-3.4%
Industriële 25
87,430
+0.4%
Finansiële 15
16,160
-0.5%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Blitsblik op ’n maatskappy

Volg die maatskappy se aandeelprys en lees nuwe Sens-verklarings en resultate hier.

Verkeer in jou area

Kies 'n area om verkeersvoorvalle op jou roete te sien.

Klik om te stel
Nuuswenke

Het jy 'n nuuswenk of storie wat jy graag met Netwerk24 wil deel? Stuur gerus 'n e-pos aan ons nuusspan.

Stuur 'n e-pos