Roe vs. Wade: Saak wat ons almal raak

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Debbie Pieters Foto: Verskaf
Debbie Pieters Foto: Verskaf

Teen die tyd het almal wat die nuus volg, al gehoor dat die hoë hof in Amerika die saak van Roe vs. Wade opsy geskuif het.

Die saak het ’n presedent geskep wat verseker het dat enige Amerikaanse burger ’n grondwetlike reg tot aborsie gehad het.

Nou is die beheer terug in die hande van al die individuele deelstate – hulle mag nou self besluit of hulle aborsie gaan wettig hou of nie.

Ek het nou al tyd gehad vir die nuus om in te sink. Om byna al die kante van die storie te hoor, sonder dat my emosies in die pad kom.

Ek is pro-aborsie. Ek glo as ’n vrou nie reg is om daardie kind groot te maak nie – vir watter rede ook al – is dit beter om ’n aborsie te kry as om gedwonge voort te gaan met die swangerskap.

Ek glo die kind sal meer ly deur groot te word in ’n huis waar hy of sy nie welkom is nie, as wat dit verkeerd is om ’n aborsie te kry.

Ek glo nie lewe begin onmiddellik met bevrugting nie. As jy daardie paadjie wil stap, moet jy ook teen enige vorme van voorbehoedmiddel wees en kan jy selfs die standpunt inneem dat in-vitro-bevrugting verkeerd is.

Ek is pro-aborsie juis omdat ek pro-lewe is.

Ek is pro-aborsie juis omdat ek pro-lewe is. Ek wil hê elke kind moet die beste moontlike lewe hê, nie net geldelik nie, maar ook emosioneel.

Maar ek kan honderd redes opnoem hoekom ek pro-aborsie is en die ander kant kan honderd redes noem waarom hulle pro-lewe is.

Die eerste kwessie wat ek wil aanraak, is die vraag of die regtig ’n demokratiese proses was. Die keuse is gemaak deur nege doodgewone mense. Amerika is trots op die titel “die land van die vryes, die land van demokrasie”.

As dit ’n demokratiese keuse was, moes daar ’n referendum gehou gewees het, waar elke persoon self kon besluit wat hulle glo en wat hulle wil hê die wet moet sê.

Tweedens moet ons dink oor wat dit beteken vir die res van die wette wat deur die hoë hof besluit is. Dit maak nie saak waar jy bly nie, die wet sal altyd verander.

Soos wat samelewings ontwikkel, so ontwikkel ons idees van hoe ons teenoor ander moet optree.

Soos wat samelewings ontwikkel, so ontwikkel ons idees van hoe ons teenoor ander moet optree. Die Amerikaanse grondwet is meer as 200 jaar gelede geskryf. Enigeen wat volhou dat iets nie ’n grondwetlike reg is nie, omdat dit nie in die grondwet staan nie, weet duidelik nie wat die doel van die wet is nie.

As jy daardie logika wil gebruik, moet ons eintlik nog die wette volg van die Romeine. Dan moet ons slawerny en gladiators terugbring. Kan ons regtig wette verander op grond van die feit dat dit nie eksplisiet in die grondwet geskryf staan nie?

Laastens wat gaan dit vir die res van die wêreld beteken? Amerika is gewoonlik die voorloper, die land waarna almal kyk as dinge begin skeefloop. Gaan ons nou ons besluite grond op wat hulle sê? Gaan ons nou ons regeringstelsels so verander dat ’n klein groep belangrike besluite vir die hele land neem, sonder om eens te hoor wat die burgers van die land wil hê?

Die omkeer van Roe vs. Wade het nie net groot implikasies vir aborsieregte nie, dit laat ook vrae ontstaan oor wat demokrasie is, hoe ons besluit watter wette bly en watter verander, en of ons nog steeds Amerika kan sien as ’n baken van die vrye wêreld. Dit maak nie saak of jy pro-aborsie of anti-aborsie is nie, dit is iets wat ons almal raak.

  • Debbie studeer BCom Regte aan die Universiteit van Pretoria.
  • Menings is rubriekskrywers se eie en weerspieël nie noodwendig die van Netwerk24 nie. 
  • Wonder jy waaroor studente praat? Lees meer meningstukke hier. 
  • Volg ons op Instagram en Facebook!

WIL JY VIR DIE STUDENT SKRYF? Maar jy wonder hoe dit werk? Kyk hierdie video:

Rand - Dollar
16.19
+0.4%
Rand - Pond
19.64
-0.0%
Rand - Euro
16.62
-0.1%
Rand - Aus dollar
11.52
+0.0%
Rand - Jen
0.12
-0.1%
Goud
1,802.29
0.0%
Silwer
20.82
0.0%
Palladium
2,227.50
0.0%
Platinum
966.00
0.0%
Brent-ruolie
98.15
-1.5%
Top-40
63,996
-1.0%
Alle aandele
70,731
-0.8%
Hulpbronne 10
64,048
-2.8%
Industriële 25
86,577
-0.6%
Finansiële 15
16,059
+0.6%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Blitsblik op ’n maatskappy

Volg die maatskappy se aandeelprys en lees nuwe Sens-verklarings en resultate hier.

Verkeer in jou area

Kies 'n area om verkeersvoorvalle op jou roete te sien.

Klik om te stel
Nuuswenke

Het jy 'n nuuswenk of storie wat jy graag met Netwerk24 wil deel? Stuur gerus 'n e-pos aan ons nuusspan.

Stuur 'n e-pos