SCHALK SKRYF: Doen waarvoor jy lief is, maar...

akkreditasie
Schalk Bezuidenhout op 'n vlug na Johannesburg.
Schalk Bezuidenhout op 'n vlug na Johannesburg. Saam met hom is die vrou wat langs hom gesit en hekel het. Foto: Schalk Bezuidenhout

Daar is mense wat sê: “As jy doen waarvoor jy lief is, sal jy nooit ’n dag in jou lewe werk nie.”

Ek wil saam met een en elkeen van hierdie mense werk toe gaan.

Net vir een dag.

Ek wil sien hoe hulle soos Heidi op en af huppel terwyl confetti uit nêrens uit die lug uit val, want hulle job is “SO FLIPPEN AMAZING DIT VOEL NIE EERS SOOS WERK NIE!”

Ek weet ek klink nou baie sinies en dit is omdat ek is. Daai oomblik wat jy besef jy is sinies en dit aanvaar maak dit dadelik van jou, ironies genoeg, ’n gelukkiger mens. Jy hoef dit nie meer te fake nie. Jy hoef nie meer daai quote op Facebook te sien wat sê “if you can’t handle me at my worst you don’t deserve me at my best” en te dink: “Hmmmmm. Dis nogals waar. En daai dolfyne wat in die agtergrond uit die blou see uit spring is beeldskoon.”

Nee, jy kan net reguit skip na: “Wat ’n pot k*k.”

Moet my egter nie verkeerd verstaan nie. Ek is mal oor wat ek doen.

Ek dink nie ek doen stand-up comedy vir ’n lewe nie . . . Ek doen stand-up comedy óm te lewe. Sonder stand-up sal ek van my kop af raak. Dit hou my plat op die aarde. Soms wanneer ek eenmanvertonings doen, doen ek 2 ure. Die eerste uur en ’n half is vir die gehoor. Die laaste halfuur is vir my. Dis my terapie.

Voor ons verder gaan wil ek net vinnig sê ek weet hierdie is Netwerk24 en alles, maar ek weier om te verwys na wat ek doen as “skerpskerts” of “staanop komedie”.

Dis stand-up comedy en as jy nog in 2018 dit glad nie kan hanteer as jong Afrikaanse mense hulle taal meng nie, het ek vir jou drie woorde: GET OVER IT. (Ten minste drie ooms en twee tannies het so pas hulle Netwerk24-rekeninge gesluit).

So, stand-up is my passie en ek is so gelukkig om te kan doen waarvoor ek lief is en bla bla bla.

Beteken dit dat dit nooit soos werk voel nie? Hell no!

Ek skryf nou juis hierdie stuk ’n hele paar kilometer bo ons beeldskone land. Ek vlieg terug Johannesburg toe van Kaapstad af. Langs my sit ’n Engelse middeljarige hippy-tannie en brei. Haar man het (OBVIOUSLY) ’n ponytail. Ek wonder of sy weet wie ek is en dat ek van truitjies hou? Hou aan, ek vra haar gou.

...

Sy’t gesê: “I don’t knit . . . I crochet.” Sy sê wel dat sy een vir my sal maak en my net sal charge vir die wol. Anyway, terug na die punt van hierdie storie.

Gisteraand moes ek optree by een of ander fancy event, heel toevallig in die Naspers-gebou (op die NASDAK). Dit was ’n Koreaanse kosmaatskappy wat hul kopers wou wine and dine vir die aand om hulle te bedank vir hul lojaliteit aan Koreaanse kos. Daar was ’n jazz band en toe moes ek 30 minute se stand-up doen.

Na so tien minute toe sê ek baie dankie, stap reguit na die vroutjie wat my bespreek het, vra om verskoning en verduidelik dat ek net eenvoudig nie kan optree as die helfte van die vertrek kliphard gesels en nie ’n saak met die comedian op die verhoog het nie.

Ek is nie ’n jazz band nie. Ek is nie background entertainment nie. Wat ek doen vereis dat mense met aandag luister. Sy het darem heeltemal verstaan en my glad nie kwalik geneem dat ek dit kortgeknip het nie.

So ja, gisteraand het gevoel soos werk.

Maak dit my minder lief vir wat ek doen? Nee. Dis soos ’n verhouding. Soms is my verhouding met my meisie maanskyn en rose. Letterlik. Soms gee ek vir haar rose buite terwyl die maan op ons skyn.

Soms kom ek by die huis na ’n lang dag by die “verhouding”, knak ’n bier oop en dink: “Bliksem. Vandag was harde werk.”

besig om te laai... Regstreeks
Namibia (w) 186/7
Germany (w) 90/2
besig om te laai... Regstreeks
England 284/10
India 416/10 & 27/1
Rand - Dollar
16.50
-1.3%
Rand - Pond
19.96
-0.0%
Rand - Euro
17.21
-0.0%
Rand - Aus dollar
11.24
-0.0%
Rand - Jen
0.12
-0.0%
Goud
1,810.71
0.0%
Silwer
19.89
0.0%
Palladium
1,964.46
0.0%
Platinum
892.00
0.0%
Brent-ruolie
111.63
+2.3%
Top-40
59,640
-0.8%
Alle aandele
65,662
-0.9%
Hulpbronne 10
61,245
-4.1%
Industriële 25
80,264
+1.1%
Finansiële 15
14,564
-0.8%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Blitsblik op ’n maatskappy

Volg die maatskappy se aandeelprys en lees nuwe Sens-verklarings en resultate hier.

Verkeer in jou area

Kies 'n area om verkeersvoorvalle op jou roete te sien.

Klik om te stel
Nuuswenke

Het jy 'n nuuswenk of storie wat jy graag met Netwerk24 wil deel? Stuur gerus 'n e-pos aan ons nuusspan.

Stuur 'n e-pos