SCHWEIZER: Juf. Elana is 'tot sondebok geslaan'

akkreditasie
Frederik van Dyk.
Frederik van Dyk.

Ek het die bydraes van prof. Elmien du Plessis en Flip Buys op 16 Januarie in Beeld in reaksie op die voortdurende herrie (soos die media dit pen) oor die berugte “segregasiefoto” in die Laerskool Schweizer-Reneke met aandag gelees.

Albei raak verskillende aspekte van hierdie veelkantige en veelrassige kwessie aan en die Afrikaanse leser kan dankbaar vir hul nugtere kommentaar wees.

Ek het ook op 5 Januarie in Beeld die indrukwekkende besinning gelees deur Cas Wepener oor die Clifton-sage – ook ’n voorval waarin beweerde rassediskriminasie die brandpunt van die gesprek was.

Wepener se argument trek op die eeue oue en bykans universele gebruik van die offerande as ’n ritueel om konflik in ’n gemeenskap simbolies te verdryf.

Ek analiseer graag hier die offerande asook die sondebok as kulturele verskynsels en dui aan hoe sosiopolitieke konflik, soos in die Schweizer-Reneke-debakel, nie regverdig deur enige van hierdie strategieë opgelos word nie.

Hierdie argument voer ek vanuit ’n kombinasie van insigte vanuit my opleiding in die letterkunde, regte en filosofie. My argument probeer die gesprek sinvol aanhelp en is nie bedoel om noodwendig die laaste sê te hê nie. My doel is alleenlik om geregtigheid te probeer afbaken in hierdie scenario met verwysing na sekere insigte.

Sondebokke en offerandes as afleidingstrategieë

Dit is veilig om te sê dat die slagting van ’n skaap op Clifton se strand deur diegene wat bedoel het om daarmee die plek van rassistiese geeste te reinig, veel meer aandag en beswaar getrek het as die aanvanklike rede vir die protesoptrede.

Wepener voer aan dat die skaap ter slagting se kalmerende uitwerking iets is waarvoor Suid-Afrika kan dankbaar wees. Die skaap moes dalk volgens sommiges afgryslik doodgaan, maar dit het in ons onstuimige voorverkiesingstydperk en milieu van soms histeriese rassespanning amper magies die vrede bewaar.

Ek glo Wepener se argument dra meriete en ek het buitendien dit nie ten doel om sy gevolgtrekking tans aan kritiese oorweging oor te lewer nie.

Ek sien in sy analise spesifiek die aandagafleidende uitwerking van die offerande raak.

LEES OOK: Schweizer-Reneke: Die ‘volwassenes’ is kinderagtig

Die offerande, soos X illustreer, het al oor die eeue en oor kulture heen die doel om konflik in die gemeenskap te besweer deur die gode, God, die voorvaders of ander bonatuurlike of geesteselemente “rustig” te maak. Die Israeliete was bekend om hul brandoffers.

Die priesters en waarsêers (augurs) van die Romeinse Ryk, asook etniese groepe op eie bodem soos die Xhosa- en Zoeloe-mense, het weer tradisioneel diere bloot seremonieel geslag en dan van die karkas ’n gemeenskaplike maaltyd voorberei. Die samesyn om ’n gebraaide slagskapie het gou die strydendes tevrede gestel.

Die verre voorvaders van Afrikaners, Nederlanders, Friese, Duitsers en Skandinawiërs het egter ’n aansienlik donkerder offerkultuur onderhou: die offer van mense. Verskeie vroeë Christen-sendelinge na die koue Germaanse middel-Europa in die Donker Eeue, het in besonderhede beskrywings neergepen van menseliggame wat bebloed en uitgeslag aan bome hang ter ere van die gode en ter wille van (ironies genoeg) vrede en vooruitgang.

Die groot, groot jammerte is dat hierdie barbaarse geskreeu sy eggo deurgedra het tot Lehari en die skoolbeheerliggaam se verfoeilike besluit om vir Barkhuizen te skors. Wie se arm deur wie pimpel en pers gedraai is om dié oorhaastige besluit te neem, sal ons seker nog sien.

Barbaarsheid, liewe leser, is inderdaad ’n internasionale verskynsel so oud soos die berge.

Die sondebok is ’n verwante kulturele verskynsel. In Christen-Europa is brandoffers en ander vorme van offerandes as heidens beskou, maar kulturele praktyke is dikwels kanniedood en die offerande het gou omvorm tot die vreemde ritueel om ’n bok met die gemeenskapsonde ter sprake te besweer en die dorp uit te jaag, meesal met ’n jillende skare agterna.

Hierdie praktyk is inderwaarheid uit die antieke (heidense) Griekse kultuur herwin. Die filosoof Jacques Derrida, in sy besinning oor die dualisme van taal, wys daarop dat die oud-Grieks vir “dood” en “sondebok” dieselfde etimologiese oorsprong het. Dit wat verderf en die spreekwoordelike “dood en ondergang” in ’n stabiele gemeenskap inbring, moet ritualisties uitgejaag word, vandaar dié alombekende kleinvee-metafoor.

Vryheid, gelykheid en menswaardigheid

Sondebokke en offerandes is sedert die ontwikkeling van rasionele regstelsels uitgedien as strategieë om in die geregtelike sin ’n oplossing te bied.

Die wonder van die Romeins-Hollandse reg, die Anglo-Amerikaanse common law en die kontinentale siviele reg, om maar drie voorbeelde te noem, is die aandrang op individuele regte en verantwoordbaarheid.

Elkeen sal pa staan vir sy eie foute, wat sivielregtelik of strafregtelik bewys moet word deur aanvoerders van blaam. Die oppermagtige Grondwet van Suid-Afrika beskerm hierdie basiese vryhede en omskryf dit binne die grondwetlik transformatiewe raamwerk van ons demokratiese era.

Die menswaardigheid, gelykheid en vryheid van ’n ieder en elk kan nie arbitrêr opgehef word ter wille van “die groter prentjie”, politieke punte by die stembus of iets soortgelyks nie.

LEES OOK: Laerskool Schweizer-Reneke: 'Die pyn is oud en diep'

Ons voorgangers in die regswetenskap en die verwante morele filosofie het om en by sedert die Renaissance en die era van verligting ’n daadwerklike beleidsbreuk gemaak met die primitiewe verlede waar diere en mense arbitrêr en ter wille van die gemeenskap opgeoffer of tot sondebokke gemaak is.

In hierdie (noem dit vir tyd en wyl “onwetenskaplike”) verlede, is die maghebbers en invloedsjeiks van die dag dié wat bepaal het hoe skuld verdeel is, wat die reg is en hoe die gemeenskap opgesweep kan word om hul wispelturige regsbesluite te aanvaar. In ons grondwetlike demokrasie is die oppergesag van die reg die wagwoord en nie die onbepaalbare kollektiewe wil van die dag nie. Ons stelsel behoort dus beslis nie sondebokke en offerandes van mense te maak nie.

Suid-Afrikaners blyk die primitiewe bo die menswaardige te stel

Die Schweizer-Reneke-sage woed hom tans in die hof van openbare oordeel uit.

Op 18 Januarie lees ek dat die vakbond Solidariteit namens die onderwyseres Elana Barkhuizen ’n aansoek teen haar skorsing bring ingevolge ons arbeidswetgewing se verbod op onregverdige afdanking. Hierdie aspek van die regsproses is die regter s’n om te beoordeel aan die hand van al die feite.

Dit is feite wat ek en jy nie het nie.

My argument sentreer oor hoe ons as Suid-Afrikaners die gesprek oor Barkhuizen, haar skool en haar gemeenskap voer.

En “ons” sluit beslis die LUR’s Panyaza Lesufi en Sello Lehari in wat hulself oneerbaar skuldig gemaak het aan vooroordeel en polities gelaaide uitsprake lank voordat daar enige klarigheid oor die kwessie was. Ek klink nou sinies, maar hul klas van politici ry nie hier rond aan die pen nie.

Wat wel met oortuiging gesê kan word is dat Barkhuizen tot sondebok geslaan is lank voordat daar enige getoetste kennis in omloop was.

Die publiek skree vir bloed soos die aangehitste skares van Stalin, Hitler, Mao, Pol Pot en Shaka se moorddadige openbare verhore.

Mense bevind haar in al hul wysheid skuldig, soos vir Oscar Pistorius en daardie Matie-studente destyds in die “Purple Face”-debakel.

Totdat ons dit nie verander nie, sal ons nie vrede en vooruitgang tussen die wonderlike kleurryke gemeenskappe in ons land sien nie.

Die groot, groot jammerte is dat hierdie barbaarse geskreeu sy eggo deurgedra het tot Lehari en die skoolbeheerliggaam se verfoeilike besluit om vir Barkhuizen te skors. Wie se arm deur wie pimpel en pers gedraai is om dié oorhaastige besluit te neem, sal ons seker nog sien.

Hoewel ek my nie ag as iemand wat sommer die lof van organisasies besing nie, sal ek versigtig aan Solidariteit en veral Barkhuizen sterkte toewens met die komende maande se traumatiese litigasie. Mag daar ’n presedent deur ’n wyse regter gestel word om die lasterlike histerie wat ons hier sien, veral uit die geledere van die magtiges, streng te bekamp. Mag ons regstaat seëvier en mag die hof die sondebokideologie voor die Grondwet se altaar finaal op die brandstapel sit.

Ongelukkig is die dorpie Schweizer-Reneke weens die drama nie in die kollig van beleggers en entrepreneurs wat werk en vooruitgang bring om die abjekte van die Zuptakrasie reg te dokter nie. Dit sidder eerder in die visier van ’n primitiewe drang om offerandes en sondebokke van die hardwerkende en kwesbare kleinburger te maak omdat ons te lui is om iets aan ons gebrek aan geduld, goeie oordeel en regverdigheid te doen.

In die proses is die menswaardigheid, vryheid en gelykheid wat die Handves van Menseregte ons waarborg, nie die papier werd waarop dit so lieflik en hoopvol geskryf staan nie. Sodoende gee ons die hef in die hand aan diegene wat politieke en ideologiese punte wil wen deur fopnuus te versprei en massahisterie te saai.

Totdat ons dit nie verander nie, sal ons nie vrede en vooruitgang tussen die wonderlike kleurryke gemeenskappe in ons land sien nie.

  • Frederik R. van Dyk (22) studeer LLB aan die Universiteit Stellenbosch. Hy kom van Komatipoort en Nelspruit, Mpumalanga.
  • Volg Die Student op Instagram.
Inperking vir
DAE
URE
MIN
Rand - Dollar
15.25
+0.6%
Rand - Pond
20.47
+0.9%
Rand - Euro
17.08
+1.0%
Rand - Aus dollar
10.82
+0.8%
Rand - Jen
0.13
+1.0%
Goud
1,816.17
-0.2%
Silwer
23.35
-0.7%
Palladium
2,363.00
+1.2%
Platinum
1,037.00
+0.3%
Brent-ruolie
89.96
+2.0%
Top-40
66,933
-0.6%
Alle aandele
73,344
-0.6%
Hulpbronne 10
75,210
-0.1%
Industriële 25
90,294
-1.3%
Finansiële 15
14,905
-0.1%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Blitsblik op ’n maatskappy

Volg die maatskappy se aandeelprys en lees nuwe Sens-verklarings en resultate hier.

Verkeer in jou area

Kies 'n area om verkeersvoorvalle op jou roete te sien.

Klik om te stel
Nuuswenke

Het jy 'n nuuswenk of storie wat jy graag met Netwerk24 wil deel? Stuur gerus 'n e-pos aan ons nuusspan.

Stuur 'n e-pos