Steve en Facebook-tantes het kat aan die stert beet

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Quinton Lourens
Quinton Lourens

Om te sê “ek het gay vriende wat . . .” is soos om te sê “ek is ’n rassis, maar ek het swart vriende, so dis oukei”.

As jy nie fout sien met hierdie stelling nie, vermoed ek jy is dalk deel van die probleem.

Junie is Pride month en boonop is die stromingsdiens Disney+ uiteindelik beskikbaar in Suid-Afrika. Maar ek kry nie Steve Hofmeyr se onlangse uitlatings uit my gedagtes nie. Nee kyk, hy het hierdie keer die kat lelik aan die stert beet. Ons almal weet hy’s uitgesproke en dikwels omstrede, maar dít was dalk net ’n tree te ver oor die lyn.

In ’n Facebook-video vroeër vanjaar praat Steve oor Disney en die LGBTQI+-gemeenskap. “Waar my generasie geleer is om met muise, honde en eende te praat, gaan ons kinders geleer word om met muise, honde en eende seks te hê,” raak hy kwyt.

Sjoe. Disney het wel belowe om meer inklusiewe inhoud te skep, maar dié dat kinders oor bestialiteit gaan leer, sien of hoor ek nêrens nie. Correct me if I’m wrong.

Navorsing toon dat pogings tot selfdood, sowel as selfdoodgedagtes, aansienlik meer is onder die LGBTQI+-jeug. Hoekom is hy stil hieroor?

As Steve dan nou werklik soveel omgee oor kinders, dan sou hy twee keer dink voordat hy mond uitspoel oor die LGBTQI+-gemeenskap.

Navorsing toon dat pogings tot selfdood, sowel as selfdoodgedagtes, aansienlik meer is onder die LGBTQI+-jeug is vergeleke met die algemene bevolking. Hoekom is hy stil hieroor? Is hy nie besorg oor hierdie kinders nie?

Hierdie Steve-drama herinner my aan daai Rapport-storie oor die gay dominee van die NG kerk Blouberg. Tannies het aan hul tee gestik. Ek wonder maar net hoekom die gay man so ’n groot doring in die vlees is, maar suiplappe en vroueslaners mag voor in die kerk sit. Gelowiges is ook gou om te herinner dat ’n mens nie mag oordeel nie, maar die handskoene is af en die kloue uit in die comment sections teen die LGBTQI+-gemeenskap soos jy nog nooit gesien het nie.

Nee, tannie, almal was net in die kas omdat hulle nie kans gesien het vir hoe mense soos jy tekere gaan nie. Of dalk was hulle net te bang.

Nou die dag toe hoor ek weer die deuntjie van “maar vroeër jare was dit nie so ín jou gesig nie” en “dis deesdae ’n modegier”.

Nee, tannie, almal was net in die kas omdat hulle nie kans gesien het vir hoe mense soos jy tekere gaan nie. Of dalk was hulle net te bang. Ek lees toevallig in akademiese materiaal dat gay Suid-Afrikaanse mans in die vorige eeu glo onmenslike toetse moes ondergaan in ’n poging om hulle weer reguit te buig. Om te dink mans is selfs in stoele met elektrisiteit geskok net omdat ander mense geskok is dat hierdie mans ook mans liefhet.

Dit is vir my so jammer dat ’n bekende persoon soos Steve petrol op die vuur gooi. Ek wil van hom hou, maar kan eenvoudig nie. Sy uitlatings is net een te veel vir my. Dis jammer (tog nodig) dat die Menseregtekommissie die gelykheidshof nader nadat hy ’n klag ontvang het.

  • Quinton het grootgeword in die Bosveld en woon in Kaapstad. Hy het ’n joernalistieke graad aan die Pearson Institute of Higher Education, wat deesdae Eduvos heet, verwerf. Hy werk in die uitsaaiwese in Kaapstad terwyl hy vir ’n honneursgraad in mediastudies aan Unisa studeer.
  • Menings is rubriekskrywers se eie en weerspieël nie noodwendig dié van Netwerk24 nie. 
  • Wonder jy waaroor studente skryf? Lees meer meningstukke hier.
  • Volg ons op Instagram en Facebook!

WIL JY VIR DIE STUDENT SKRYF? Maar jy wonder hoe dit werk? Kyk hierdie video:

besig om te laai... Regstreeks
Ireland 39/0
Afghanistan 168/7
besig om te laai... Regstreeks
Moroka Swallows 2
Cape Town City 2
Rand - Dollar
16.61
+0.0%
Rand - Pond
20.07
-0.0%
Rand - Euro
16.99
-0.3%
Rand - Aus dollar
11.58
+0.2%
Rand - Jen
0.12
-0.1%
Goud
1,796.21
+0.4%
Silwer
20.50
-0.9%
Palladium
2,258.50
+0.7%
Platinum
938.00
-0.7%
Brent-ruolie
96.65
+1.8%
Top-40
63,771
0.0%
Alle aandele
70,266
0.0%
Hulpbronne 10
65,045
0.0%
Industriële 25
85,829
0.0%
Finansiële 15
15,741
0.0%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Blitsblik op ’n maatskappy

Volg die maatskappy se aandeelprys en lees nuwe Sens-verklarings en resultate hier.

Verkeer in jou area

Kies 'n area om verkeersvoorvalle op jou roete te sien.

Klik om te stel
Nuuswenke

Het jy 'n nuuswenk of storie wat jy graag met Netwerk24 wil deel? Stuur gerus 'n e-pos aan ons nuusspan.

Stuur 'n e-pos