Deel

Beurse | My reis by Netwerk24: Candice Jantjies

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister

Die joernalistiek is die perfekte balans tussen nuuskierigheid en skryf, sê Candice Jantjies (25), kunsverslaggewer by Netwerk24 in Kaapstad.

Netwerk24, Suid-Afrika se grootste aanlyn inteken-nuusdiens, bied nou twee nuwe prestige-joernalistiekbeurse vir 2023 aan – een vir ’n finalejaarstudent (voorgraads) en een vir ’n nagraadse student wat ook ’n loopbaan in Afrikaanse digitale joernalistiek wil volg en ’n kollega van Candice wil word.

Terselfdertyd werf ons kandidate vir dieselfde twee beurse vir aanstaande jaar (2024). Die totale waarde van die beurse per jaar beloop R300 000.

Waar het jou belangstelling in joernalistiek begin?

Dis ’n goeie vraag, want ek het nooit op skool gedink ek sou hier beland nie. Ek was nog altyd ’n boekwurm. Ek weet nie hoe en wanneer nie, maar ek het êrens begin skryf. ’n Natuurlike voortvloeisel. Die joernalistiek het soos die perfekte balans tussen nuuskierigheid en skryf geklink en waar ek eers taal en kultuur geswot het, het ek toe my honneurs in joernalistiek gaan doen.

Hoe het jou akademiese loopbaan ontvou?

Ek glo dit het begin by spelkompetisies, wat my liefde vir taal laat blom het en my woordeskat vlerke gegee het. Dit het ook ’n baie kreatiewe stroombaan in die brein aangeskakel. Ek het kalm begin dink oor watter werk ek sal kan kry met my voorgraadse kwalifikasie, want terwyl die meeste mense in daai veld koers kies onderwys toe, het ek geweet dit is nie vir my nie. Ek het vriende gehad wat joernalistiek geswot het, en dit het net soos die duidelike loopbaankeuse gelyk. Ek was gelukkig om ’n beurs by Media24 te kry wat al my koste gedek het, en die res is geskiedenis, soos hulle sê.

Candice Jantjies, kunsjoernalis in Kaapstad. Foto:
Candice Jantjies, kunsjoernalis in Kaapstad. Foto: Adrian de Kock

Wat is vir jou die lekkerste van joernalis wees?

Ek leer elke dag en ek kan elke dag kreatief wees. Ek put ook soveel genot daaruit om blootstelling te gee aan mense en groepe wat dit broodnodig het. En ek kry toegang tot ervarings wat ek dalk nie andersins sou beleef nie.

Hoekom is dit vir jou die moeite werd om ’n loopbaan in die joernalistiek te volg?

Ek kan multi-vaardig wees, daar is altyd ’n geleentheid vir groei en hoe ’n cliché dit ook al mag wees, die wêreld is jou tuiste.

Watter storie sal jou vir altyd bybly?

Enige storie wat vir enigeen iets beteken, maar ek dink veral huldeblyk- en doodsberigte bly jou by. Jy voel saam met die familie en vriende, en die waarde van die persoon se nalatenskap tref jou op elke moontlike manier.

Doen só aansoek om jou reis by Netwerk24 te begin:

Stuur vir ons ’n kort motivering (500 woorde) oor hoekom jy in die joernalistiek wil werk en waar jy die grootste bydrae sou kon lewer. Sluit gerus ’n vrywillige multimedia-element in (maksimum 1 minuut). Jou CV, asook jou jongste akademiese rekord moet jou aansoek vergesel. Dui aan by watter instelling jy wil studeer en watter program jy wil volg.

Dokumente wat later aangevra kan word, sluit in ’n afskrif van jou matrieksertifikaat, verdere akademiese rekords, identiteitsdokument en rybewys.

Stuur aansoeke na netwerk24beurse@media24.com. Skryf in die onderwerpveld: Die beurs waarvoor jy aansoek doen (finale jaar of nagraads) en die jaar waarvoor jy aansoek doen (2023 of 2024).

Sluitingsdatum vir 2023-beurse: 26 Junie 2023

Sluitingsdatum vir 2024-beurse: 26 Junie 2023

Klik hier vir meer inligting.

heading
description
username
Wys Kommentaar ()
besig om te laai... Regstreeks
United Arab Emirates 228/7
West Indies 306/10
Rand - Dollar
19.21
+0.3%
Rand - Pond
23.87
+0.4%
Rand - Euro
20.54
+0.5%
Rand - Aus dollar
12.82
-0.5%
Rand - Jen
0.14
+0.4%
Platinum
1,033.45
+0.7%
Palladium
1,412.92
+0.5%
Goud
1,962.71
+0.0%
Silwer
23.60
+0.1%
Brent-ruolie
76.71
+0.8%
Top-40
71,632
+0.3%
Alle aandele
76,840
+0.3%
Hulpbronne 10
69,525
+0.3%
Industriële 25
103,876
+0.0%
Finansiële 15
15,144
+1.1%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Blitsblik op ’n maatskappy

Volg die maatskappy se aandeelprys en lees nuwe Sens-verklarings en resultate hier.

Verkeer in jou area

Kies 'n area om verkeersvoorvalle op jou roete te sien.

Klik om te stel
Nuuswenke

Het jy 'n nuuswenk of storie wat jy graag met Netwerk24 wil deel? Stuur gerus 'n e-pos aan ons nuusspan.

Stuur 'n e-pos