Versoening is harde werk

akkreditasie
Goliath Ponie

Liewe mnr. Cyril Ramaphosa

Dis ’n 24 jaar oue demokrasie, in Suid-Afrika – dus wil ek fokus op versoening, want dit is ná al die tyd nog net so dwingend noodsaaklik.

Ek dink spesifiek aan emeritus-aartsbiskop Desmond Tutu en prof. Willie Jonker, asook vele ander, wat die hoeksteen vir versoening gelê het.

Die brief is ook deels om dankie te sê!

Ons kan vandag trots wees op wat al bereik is.

Die Waarheids-en-versoeningskommissie (WVK) het in die vroeë jare van demokrasie (1996-1998) trane in soveel mense se oë gebring.

Ek glo dat ’n mens erkenning daaraan moet gee, hoe moeilik ook al. Want hierdie moeilike tye het die deure na versoening in die land geopen. Die deure van vergifnis en heling, die deure van tweede kanse en eenheid – daardie deure is die hart van versoening – die poort na die toekoms.

Die waarde van versoening

Versoening gaan oor die herstel van menseverhoudinge in ons gemeenskappe. Deur heling, liefde, eenheid en hoop word ons nasie se voorspoed verseker.

Dit is – soos ons almal weet – veral noodsaaklik in Suid-Afrika in die lig van ons verlede.

Die deure van vergifnis en heling, die deure van tweede kanse en eenheid – daardie deure is die hart van versoening – die poort na die toekoms.

Meneer die president, hier moet ek u woorde uit u staatsrede in 2018 aanhaal: “ . . . hoewel ons ’n diverse samelewing is, is ons een nasie.”

Want hierdie woorde is ’n oproep tot versoening – u oproep aan die Suid-Afrikaanse gemeenskap. Ek wil u pogings tot nasiebou erken, en dankie.

Versoening is harde werk

Versoening is ook ’n individuele verantwoordelikheid – ons samelewing moet dit nooit vergeet nie. Dit beteken dat ons persoonlik verantwoordelik is om versoening uit te leef.

As ons bereid is om dit te doen, dan is daar hoop om ons gemeenskappe te bou.

Versoening gebeur nie sommer maar net nie, dit verg moed om mekaar se verskille te aanvaar. Om mekaar in die gesig te kyk en te erken dat daar nie ’n “ek en hulle” moet wees nie maar net ’n “ons”.

Versoening is ook ’n individuele verantwoordelikheid – ons samelewing moet dit nooit vergeet nie.

Versoening verg van ons om opregte verhoudinge met mekaar te hê. Om ten volle menslik te wees is om die ander toe te laat om ’n beeld van onsself te raak.

Om die pad saam te stap totdat ander besef dat dit is wat hulle ook moet doen.

Ons moet ooreenkomste te midde van ons verskille vind, sodat ons getrou aan ons menslikheid kan bly – en nooit vergeet dat ons opdrag is om ook in ’n ander se wêreld te lewe nie.

Begrawe jou eiewaan

Ubuntu – die bekende Suid-Afrikaanse term – speel ook ’n noodsaaklike rol om mense met verskille bymekaar te bring.

Ubuntu beteken menslikheid, wat alle ander mense na waarde skat, wat gebou is op die fondament dat ’n mens net deur ander mense ’n mens kan wees.

GOLIATH SKRYF OOK: Beste Cyril, kom ons dien met geregtigheid

Ons het dus geen keuse as om ander se waardes, opvattings en agtergrond te respekteer nie. Jy kan ’n individu bly, maar moet ruimte maak waarin jy ander kan verwelkom en verstaan.

Die kerk is altyd daar

Die rol van die kerk word nie hier vergeet nie. Die Bybel beskryf ’n Christen as ’n ambassadeur van versoening (2 Korinthiërs 5:18-19). In die Evangelie kan gesien word hoe Jesus homself aan ander offer – Christus wat die grense tussen ons oorsteek.

Die oproep is beide aan die regering en die gemeenskap van Suid-Afrika: Versoen! Want dit is ’n voortdurende proses – dit hou nooit op nie.

Hy nooi ons om ten volle deel te neem aan die andersheid van ander – deur mekaar te dien. Hy wys ons daarop dat ons almal iets van God reflekteer (Genesis 1:26a).

Die Suid-Afrikaanse teoloog John de Gruchy het eenkeer gesê: “Die reaksie is sekerlik dat God ons vra om die kwaaddoener lief te hê.”

Die oproep is beide aan die regering en die gemeenskap van Suid-Afrika: Versoen! Want dit is ’n voortdurende proses – dit hou nooit op nie.

Die uwe

Goliath Ponie

Goliath Ponie, Universiteit van die Vrystaat

Is jy 'n student en wil jy R5000 wen? Kliek hier.

Beste Cyril

Inperking vir
DAE
URE
MIN
Rand - Dollar
16.08
-0.9%
Rand - Pond
21.28
-0.4%
Rand - Euro
18.18
-1.0%
Rand - Aus dollar
11.26
+0.4%
Rand - Jen
0.14
-1.3%
Goud
1,784.01
+0.9%
Silwer
22.52
+0.6%
Palladium
1,798.46
+0.8%
Platinum
934.50
-0.6%
Brent-ruolie
69.67
+1.2%
Top-40
64,307
-0.4%
Alle aandele
70,808
-0.3%
Hulpbronne 10
66,503
-1.6%
Industriële 25
93,791
+0.1%
Finansiële 15
13,982
+0.7%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Blitsblik op ’n maatskappy

Volg die maatskappy se aandeelprys en lees nuwe Sens-verklarings en resultate hier.

Verkeer in jou area

Kies 'n area om verkeersvoorvalle op jou roete te sien.

Klik om te stel
Nuuswenke

Het jy 'n nuuswenk of storie wat jy graag met Netwerk24 wil deel? Stuur gerus 'n e-pos aan ons nuusspan.

Stuur 'n e-pos