Wat nou van Steyn se leë voetstuk?

akkreditasie

Die val van Rhodes se standbeeld op die kampus van die Universiteit van Kaapstad het die grondslag gelê vir ’n debat oor die toepaslikheid van standbeelde oor die land heen en om die beleid te hersien indien nodig.

Inge Botes
Inge Botes

Die standbeeld van pres. M.T. Steyn, wat ’n prominente plek voor die hoofgebou van die Universiteit van die Vrystaat gehad het, is een van die standbeelde wat óf verdedig moes word óf moes val.

Die uitsig van dié voormalige president se voetstuk af, was die afgelope paar jaar hoogs ontstellend. Die voorvalle by Reitz en Kovsiepark en die gevolge van ’n verdeelde kampus-gemeenskap het sy horison betree.

Wat sou hy dink van die fisieke geweld tussen studente?

Toe die kop van Blackie Swart in die nabygeleë dam gedryf het, sou hy in sy mou lag?

Dit blyk onwaarskynlik dat dié twee ooit by dieselfde tafel sou aansit. En wat sou hy sê oor die huidige taalbeleid by die universiteit? Sou hy kon plek maak vir die Brits-koloniale taal as die inklusiewe pad vorentoe?

Ek meen pres. Steyn sou jare gelede al diplomaties begin werk het aan die verwydering van sy eie standbeeld.

Ek meen pres. Steyn sou jare gelede al diplomaties begin werk het aan die verwydering van sy eie standbeeld. En die skuif na die Vrouemonument.

Dié voormalige president het geglo die Vrouemonument in Bloemfontein sou eendag as ’n baken van versoening dien – vir Engelse en Afrikaner, man en vrou, swart en wit. Dit blyk ’n onwaarskynlike uitkoms, maar vir nou, dien die ruimte wel as ’n veilige hawe.

Steyn, die feminis

Laat ek nie my persoonlike belang in die saga ontken nie. Ek het skoolgegaan aan die Sekondêre Meisieskool Oranje, waar die president en sy vrou, Rachel, gereeld en liefderyk herdenk word vir hul bydrae tot die stigting van die skool as eerste in sy soort in die provinsie.

Met ’n diepgewortelde geloof in die belang van godsdiens en onderrig vir vroue in die opbou van die gemeenskap, het ons Steyn as ’n feminis leer ken.

Toe Rhodes in 2015 geval het, was ek besig om my laaste aansoekvorms in te vul om my studie aan die Universiteit van Kaapstad te begin.

LEES OOK: Is die pen werklik magtiger as die swaard?

My stem, gereeld buite konteks, het die beweging toe heelhartig ondersteun. Ek het toe nie die moontlikheid oorweeg dat Steyn en Rhodes ooit in dieselfde lig gestel sou word nie.

Maar dit is nou ’n goeie tyd en sinvol om uit te wys dat Steyn geen Rhodes was nie. Terwyl dit nuttig is om dit wat hulle verteenwoordig, te herbedink, is dit ook belangrik om dié twee mense uit die geskiedenis nie te reduseer tot simbole van hul tyd nie.

Steyn was nie ’n konvensionele Afrikanerleier nie. En noudat sy beeld ’n nuwe tuiste by die Vrouemonument kry, is daar interessante en belangrike aspekte oor hom wat kan aandag kry.

Steyn het nie kapitalistiese waardes ondersteun nie: “Laat ons fokus op die kapitalis. Hy is ’n vloek vir ons land.”

Hy was ’n patriot gekant teen oorlog en het gereeld sy stem laat hoor teen die voorkeur vir geweld wat sommige van sy Afrikaner-tydgenote gehad het: “Ons mense is nie soldate nie: Hulle is die hoofde van huise, belastingbetalers.”

Hy het hom teen rassisme uitgespreek en dit verduidelik as ’n neweproduk van ’n heersende bourgeoisie: “Sal ons as verstandige mense, verduur dat ’n ellendige bourgeoisie die gruwel van rassehaat in ons harte jaag?”

“Die groot imperialis is die vader van rassehaat in die land. Hy dryf handel met die nasionale gevoel van die volk – en dit om homself ryk en verryk te maak.”

Steyn het nie kapitalistiese waardes ondersteun nie: “Laat ons fokus op die kapitalis. Hy is ’n vloek vir ons land.”

Alternatiewe leier

Ek ontken nie dat Steyn se tyd by die universiteit uitgedien is nie. Ek ontken ook nie dat die plek van die simboliese steen soms herbedink moet word nie. Die #MustFall-beweging was in baie opsigte ’n positiewe dryfkrag en ek veroordeel nie die universiteit se besluit oor die standbeeld nie. Maar ons moet Steyn nie reduseer tot huidige mediagesprekke nie.

Ons moet hom eerder erken as die alternatiewe en vredeliewende leier wat hy in sy tyd was. Ons kan steeds baie van hom en sy erfenis leer, ongeag waar sy standbeeld staan.

LEES OOK: Red ons land van die skelms

Die universiteit het nou ’n opwindende projek aan die gang om te besluit wie of wat pres. Steyn se voetstuk gaan oorneem.

Ek hoop dat dit nie leeg sal staan soos dié van Rhodes nie. As die besluit om hom te laat val, ’n poging tot versoening en ’n veilige ruimte is, is ek seker hy sou dit goedkeur.

Maar die vraag bly of daar iemand is wat sy ruimte kam vul.

  • Inge Botes (21) het 'n BA-graad in Antropologie, Afrikaanse Letterkunde en Sosiologie aan die Universiteit van Kaapstad voltooi. Sy gaan volgende jaar haar honneursgraad begin. Sy kom oorspronklik van Bloemfontein af.
  • Hierdie berig is oorspronklik  in Engels geskryf en na Afrikaans vertaal. Lees die Engelse weergawe hier.
  • Lees nog artikels van Die Student hier.

Is jy 'n student en wil jy R5000 wen? Kliek hier.

Beste Cyril

besig om te laai... Regstreeks
West Indies 0
New Zealand 87/2
besig om te laai... Regstreeks
Maritzburg United 0
Moroka Swallows 0
Rand - Dollar
16.17
+0.5%
Rand - Pond
19.63
+0.9%
Rand - Euro
16.60
+1.0%
Rand - Aus dollar
11.52
+0.1%
Rand - Jen
0.12
+0.8%
Goud
1,801.16
+0.7%
Silwer
20.77
+2.3%
Palladium
2,234.50
-2.4%
Platinum
964.50
+0.4%
Brent-ruolie
99.60
+2.2%
Top-40
63,996
-1.0%
Alle aandele
70,731
-0.8%
Hulpbronne 10
64,048
-2.8%
Industriële 25
86,577
-0.6%
Finansiële 15
16,059
+0.6%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Blitsblik op ’n maatskappy

Volg die maatskappy se aandeelprys en lees nuwe Sens-verklarings en resultate hier.

Verkeer in jou area

Kies 'n area om verkeersvoorvalle op jou roete te sien.

Klik om te stel
Nuuswenke

Het jy 'n nuuswenk of storie wat jy graag met Netwerk24 wil deel? Stuur gerus 'n e-pos aan ons nuusspan.

Stuur 'n e-pos