Parel Valleiers is kundige skeidsregters op netbalbaan

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Die ses leerlinge van die Hoërskool Parel Vallei wat onlangs hul vlak 3-graderingseksamen vir netbalskeidsregter met meer as 90% geslaag het. Van links is Anoxolo Maqubela, Bea Keuzenkamp, Anneh Mitrovich, Lara Terblanche, Ena-Mari Ozrovech en Zinathi Fukweni.
Die ses leerlinge van die Hoërskool Parel Vallei wat onlangs hul vlak 3-graderingseksamen vir netbalskeidsregter met meer as 90% geslaag het. Van links is Anoxolo Maqubela, Bea Keuzenkamp, Anneh Mitrovich, Lara Terblanche, Ena-Mari Ozrovech en Zinathi Fukweni.

Danksy nog ’n suksesvolle skeidsregterskursus is ’n rits leerlinge kundige blasers om die netbalbaan.

Die Hoërskool Parel Vallei in Somerset-Wes het in November 2019 die eerste keer ’n skeidsregterskursus by die skool aangebied. Tans is daar 31 leerlinge wat hul vlak 1- en/of 2-netbalskeidsregterseksamen geslaag het, 43 in totaal sedert 2019, en 15 provinsiaal-gegradeerde skeidsregters met ’n B-, C- of C+-gradering. Hierdie gradering gee die leerlinge die geleentheid om byvoorbeeld by laerskole skeidsregters te wees, ’n voorreg en diens wat hulle graag aan die gemeenskap lewer.

Vlak 3 is die hoogste teoretiese eksamen wat ’n netbalskeidsregter kan skryf op pad na die uiteindelike doelwit om ’n SA-gegradeerde skeidsregter te word. Ses van Parel Vallei se leerlinge, Anoxolo Maqubela, Bea Keuzenkamp, Anneh Mitrovich, Lara Terblanche, Ena-Mari Ozrovech en Zinathi Fukweni, het onlangs hul vlak 3-graderingseksamen met meer as 90% geslaag.

Kry die volle storie
Teken in op Netwerk24 en kry vandag onbeperkte toegang tot gehalte-joernalistiek, brekende nuus, voorste Afrikaanse koerante en tydskrifte, blits-videoinhoud, podsendings, luisterboeke en meer.
Teken in
Reeds 'n intekenaar? Meld aan
Rand - Dollar
17.10
-0.0%
Rand - Pond
20.67
-0.0%
Rand - Euro
17.92
-0.7%
Rand - Aus dollar
11.48
+0.5%
Rand - Jen
0.12
-0.8%
Goud
1,758.04
-0.0%
Silwer
21.43
-0.1%
Palladium
1,854.07
-0.1%
Platinum
989.08
+0.5%
Brent-ruolie
83.63
-2.0%
Top-40
66,703
-0.1%
Alle aandele
73,063
-0.1%
Hulpbronne 10
70,939
-0.7%
Industriële 25
87,623
+0.3%
Finansiële 15
16,346
-0.2%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Blitsblik op ’n maatskappy

Volg die maatskappy se aandeelprys en lees nuwe Sens-verklarings en resultate hier.

Verkeer in jou area

Kies 'n area om verkeersvoorvalle op jou roete te sien.

Klik om te stel
Nuuswenke

Het jy 'n nuuswenk of storie wat jy graag met Netwerk24 wil deel? Stuur gerus 'n e-pos aan ons nuusspan.

Stuur 'n e-pos