
Die o.7-netbalspan het hulle ook goed van hul taak gekwyt deur al ses hul wedstryde te wen. Die afrigters van die span, Bronwyn Petersen en Ilze Rippenaar, sê dit is die eerste keer dat die leerlinge netbal speel en hulle is baie trots op die span en wat hulle vermag het. Dinamiet kom in klein pakkies, sê hulle. Van links agter is Dominique Magerman, Nonny Willemse, Weylene Wildschut, Dorné Daniels en Déschanique Frieslaar; en voor is Maya Haupt, Moeesha Layman, Keslin September en Anishia Fourie. Foto’s: VERSKAF