Kuier en die Rapport Onderwysfonds (ROF) in samewerking met Netwerk24 en kykNET het kragte saamgespan om ervare onderwysers in te span om videoklasse in Afrikaans vir die Matriekklas van 2021 aan te bied.
Wat is die Kuier Rapport Matriekklas 2021? Die Kuier Rapport Matriekklas 2021 vervang Kuier se jaarlikse Winterskool-projek en is vanjaar heeltemal digitaal in die vorm van videoklasse. Dit word in Afrikaans aangebied. Kuier en die Rapport Onderwysfonds (ROF) in samewerking met Netwerk24 en kykNET het kragte saamgespan om ervare onderwysers in te span om vir julle videoklasse in Afrikaans aan te bied. Hierdie klasse is daarop gemik om matrikulante so goed moontlik voor te berei vir die eindeksamen en om onderwerpe te behandel wat moontlik in die eindvraestel gedek gaan word.
Watter vakke word gedek?
Die videoklasse gaan beskikbaar wees op Netwerk24 se #MySkool-blad vanaf 16 September tot 7 Desember 2021. Julle as matrikulante sal dus soveel kere as wat julle wil na die lesse kan kyk.
Die vakke wat vanjaar (2021) gedek word, is:
- Afrikaans Huistaal
- Afrikaans Eerste Addisionele Taal
- Engels Eerste Addisionele Taal
- Wiskunde
- Wiskundige geletterdheid
- Fisiese wetenskap
- Lewenswetenskappe
- Besigheidstudies
- Rekeningkunde
- Ekonomie
- EN Skryflesse!
LEES OOK:
Kuier en Rapport help weer matriek
Vir enige verdere navrae, stuur ’n e-pos na matriekklas@kuier.co.za
LESSE: Ekonomie 2021
Marina Nutt (56) bied die Ekonomie-klasse aan en is ’n onderwyser by Wesbank Sekondêre Skool op Malmesbury. Dié onderwyser met meer as 30 jaar onderwyservaring sê hersiening is baie belangrik veral waar dit hierdie vak betref.
KLIK HIER EN LAAI AF: NOTAS VIR LES 1 - 7
Les 1
Les 2
Les 3
Les 4
Les 5
Les 6
Les 7