Aandag Matrieks: Gebruik dié gratis hulplyn

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister

Met die Kuier Rapport Matriekklas 2021-projek gaan ons uit ons pad om matrikulante vanjaar suksesvol voor te berei vir die finale eksamen van hul skoolloopbaan.

Behalwe die videoklasse gaan matrikulante gaan ook
Behalwe die videoklasse gaan matrikulante gaan ook toegang hê tot ’n tolvrye hulplyn (080 111 22 34) waar onnies reg staan om te help as jy vrae het oor die vakke hierbo.

So, behalwe die fantastiese videolesse wat aangebied word deur van die beste onderwysers, stel ons vanjaar weer ’n gratis hulplyn beskikbaar wat matrikulante kan bel indien hulle vashaak met voorbereiding op die vakke wat aangebied word. 

Hierdie vakke is:

  • Afrikaans Huistaal
  • Afrikaans Eerste Addisionele Taal
  • Engels Eerste Addisionele Taal
  • Wiskunde
  • Wiskundige Geletterdheid
  • Rekeningkunde
  • Ekonomie
  • Fisiese Wetenskappe 
  • Lewenswetenskappe
  • Besigheidstudies

Bykomend daartoe, as julle sukkel met angs, depressie en ander sielkundige of emosionele probleme, spesifiek met betrekking tot jul eindeksamen, kan julle ook hierdie hulplyn skakel.Aan die ander kant van die lyn is onderwysers en ’n sielkundige wat regstaan om te help met enige navrae wat jy het.

Die Kuier Rapport Matriekklas-hulplyn is 24/7 beskikbaar vanaf 25 Oktober tot 7 Desember 2021. Skakel 080 111 2234 gratis vanaf enige selfoon of landlyn. 

Wat is die Kuier Rapport Matriekklas 2021?

Die Kuier Rapport Matriekklas 2021 vervang Kuier se jaarlikse Winterskool-projek en is heeltemal digitaal en gratis in die vorm van videoklasse. Dit word in Afrikaans aangebied.

Kuier en die Rapport Onderwysfonds (ROF) in samewerking met Netwerk24 en kykNET het kragte saamgespan om ervare onderwysers in te span om vir julle videoklasse in Afrikaans aan te bied.

Hierdie klasse is daarop gemik om matrikulante so goed moontlik voor te berei vir die eindeksamen en om onderwerpe te behandel wat moontlik in die eindvraestel gedek gaan word.

besig om te laai... Regstreeks
South Africa A 297/10 & 116/5
India A 276/10
besig om te laai... Regstreeks
Sri Lanka 204/10 & 345/9
West Indies 253/10 & 65/2
Inperking vir
DAE
URE
MIN
Rand - Dollar
15.95
-0.1%
Rand - Pond
21.18
+0.0%
Rand - Euro
18.02
-0.1%
Rand - Aus dollar
11.28
+0.2%
Rand - Jen
0.14
-0.1%
Goud
1,773.44
+0.3%
Silwer
22.44
+0.2%
Palladium
1,812.97
+1.6%
Platinum
951.57
+1.2%
Brent-ruolie
69.67
+1.2%
Top-40
64,555
0.0%
Alle aandele
71,021
0.0%
Hulpbronne 10
67,557
0.0%
Industriële 25
93,673
0.0%
Finansiële 15
13,890
0.0%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Blitsblik op ’n maatskappy

Volg die maatskappy se aandeelprys en lees nuwe Sens-verklarings en resultate hier.

Verkeer in jou area

Kies 'n area om verkeersvoorvalle op jou roete te sien.

Klik om te stel
Nuuswenke

Het jy 'n nuuswenk of storie wat jy graag met Netwerk24 wil deel? Stuur gerus 'n e-pos aan ons nuusspan.

Stuur 'n e-pos