Kuier en Rapport help weer matrieks

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister

Teen hierdie tyd het almal hul eie storie oor die verwoestende impak wat die Covid-19-pandemie saai, maar in die onderrigstelsel word die impak behoorlik gevoel. Met die voortslepende pandemie, die inperkingsreëls en derde vlaag wat normale onderrig onmoontlik maak, is dit veral matrikulante wat elke bietjie hulp wat hulle kan kry om hul eindeksamen te slaag, benodig.

Daarom het Kuier, soos wat ons al sedert 2017 doen, vanjaar weer besluit om al die uitdagings ten spyt, voort te gaan met ons hersieningsprojek vir matrikulante om hulle so gereed moontlik te maak vir die belangrikste eksamen van hul skoolloopbaan. Hierdie projek heet amptelik die Kuier Rapport Matriekklas 2021.

Die Kuier Rapport Matriekklas 2021 is in volle swa
Die Kuier Rapport Matriekklas 2021 is in volle swang en die groep onderwysers wat vanjaar deel uitmaak van die projek is ’n groep uitmuntende, inspirerende en passievolle opvoeders.

Ons bied dit aan in die vorm van videoklasse in Afrikaans, en in samewerking met ons vennote die Rapport Onderwysfonds (ROF) en Netwerk24. Behalwe Kuier se Media24-vennote is ons ook baie dankbaar vir die Hoërskool Curro Durbanville in Kaapstad wat hul geriewe gratis beskikbaar gestel het om die videoklasse in op te neem.

“Toe die pandemie Suid-Afrika verlede jaar tref, moes die Kuier Rapport Matriekklas-projek ook digitaal gaan omdat fisiese winterskoolklasse nie meer moontlik was soos voorheen nie. Die behoefte vir hierdie lesse het selfs groter geword omdat so baie onderrigtyd verlore gegaan het in die nuwe, aangepaste roteringstelsel waarby skole moes inval. En as ’n publikasie wat weet hoe belangrik opvoeding vir ons kernmark is en die verskil wat dit kan maak in ’n kind se toekoms, móés ons weer die projek aanbied,” vertel Ernusta Maralack, artikelredakteur by Kuier en ook projekleier van die Kuier Rapport Matriekklas.

Volgens Ernusta het die rykwydte van die projek verlede jaar haar verstom en hoop hulle om vanjaar selfs meer matrikulante landwyd te bereik. “Tegnologie en die feit dat die videoklasse aanlyn beskikbaar is, maak dit moontlik vir matrikulante om in hul eie tyd en teen hul eie pas te studeer. Ons het verlede jaar gehoop om minstens 2 000 views op die videoklasse te kry, maar het toe meer as 30 000 views gekry en ons hoop ons kan bou hierop,” voeg Ernusta by.

Tien vakke (Afrikaans Huistaal, Afrikaans Eerste Addisionele Taal, Engels Eerste Addisionele Taal, Wiskunde, Wiskundige Geletterdheid, Fisiese Wetenskappe, Rekeningkunde, Ekonomie, Besigheidstudies en Lewenswetenskappe) word gedek in vanjaar se projek. Bronmateriaal sal as ’n bykomende hulpmiddel saam met die betrokke les beskikbaar gestel word. Bykomend hiertoe gaan skryflesse ook aangebied word, wat matrikulante gaan lei oor taalgebruik wanneer jy jou vraestelle beantwoord. Dis ook ’n vaardigheid wat matrikulante verder in hul lewe kan gebruik. 

Tegnologie en die feit dat die videoklasse aanlyn beskikbaar is, maak dit moontlik vir matrikulante om in hul eie tyd en teen hul eie pas te studeer

Ons maak vanjaar ook voorsiening vir matrikulante wat mik vir A- en B-gemiddeldes sodat hulle beter universiteitstoelating kan kry. Van die lesse gaan op ’n meer intense of hoër graad aangebied word om matrikulante te help om daai A of B te kry.Dié videoklasse is vanaf Donderdag 16 September tot 7 Desember 2021 gratis op Netwerk24 se MySkool-afdeling beskikbaar, of gaan na die MySkool YouTube-kanaal toe. Soek MySkool op YouTube en siedaar – al ons lesse tot jou beskikking!

Matrikulante en hul ouers moet net sorg dat hulle data of internettoegang het om op Netwerk24 se MySkool-afdeling te gaan, maar die inhoud is gratis. Hulle hoef dus nie enige subskripsiefooie te betaal nie. Matrikulante het ook toegang tot ’n tolvrye (gratis) hulplyn (080 111 2234) waar onnies reg staan om te help as jy vrae het oor die vakke wat in die videoklasse gedek word. En as die stres ’n bietjie erg raak, kan matrieks én ouers hierdie hulplyn skakel vir sielkundige hulp. Maar onthou die sielkundige bystand is net beperk tot matrieks en hul skoolwerk; niks anders nie. 

Rhuwayda Mitchell, ’n onderwyser by Hoërskool Bernadino Heights in Kraaifontein in die Kaap en ook koördineerder van die projek vir die afgelope vier jaar, beskou die Kuier Rapport Matriekklas 2021-projek as ’n uitstekende hulpmiddel om vanjaar se matrikulante te help.

“Hierdie groep matrikulante het hul laaste volskaalse eksamen in 2019 in graad 10 laas geskryf. As gevolg van die pandemie kan skole nie meer winterskole, lenteskole en selfs naskoolse klasse aanbied nie. Covid-19 het ons matrikulante alreeds van so baie dinge beroof, dus is hierdie projek ’n uitstekende hulpmiddel, nie net vir leerders nie, maak ook vir onervare onderwysers wat noodgedwonge matriek moes onderrig. Dit kan duisende leerders bereik en nie net een spesifieke groep soos met die vorige projekte nie,” sê Rhuwayda.

Rhuwayda werk baie nou saam met die onderwysers wat die videoklasse aanbied en sê vanjaar se lesse maak voorsiening vir die leerders wat ’n bietjie sukkel om die mas op te kom sowel as vir daardie leerders wat op die rand van 70%/80%/90% sit en wat onnies geneig is “om af te skeep” omdat hulle akademies reeds sterk is.

“Dis nie doelbewus nie; ons grootste fokus is om die leerder wat sukkel deur te kry, maar ons wil vanjaar die 70%/80%/90%-matrikulant ’n hupstoot te gee om daardie kode 7 te kry. Drie gateway-vakke, Fisiese Wetenskappe, Rekeningkunde en Ekonomie, word ook vanjaar aangebied. Waar leerders nie iets verstaan nie, kan hulle dit weer kyk, want die video’s is beskikbaar tot 7 Desember 2021,” verduidelik Rhuwayda.

Oor vanjaar se groep onderwysers is beide Ernusta en Rhuwayda baie opgewonde: Dis ’n diverse groep onderwysers. Van ouddosente, vakadviseurs, nasieners, toegepaste wiskunde-onderwysers, ’n fisikus tot telematiese klasaanbieders. Dit is onderwysers met oor die 30 jaar ondervinding in hul vakgebied, maar ook jonger onderwysers, wat die Z-generasie verstaan. “Die belangrikste bestanddele wat dié uitmuntende groep onnies het, is ’n passie vir hul vakgebied en ’n groot liefde vir kinders. Opvoeders wat nie skroom om daardie ekstra myl vir ons kinders te loop nie. Hul enigste doel is om ons kinders te help!” sluit Rhuwayda af.

LESSE (klik op die vak om al die videolesse te volg)



besig om te laai... Regstreeks
South Africa A 268/10 & 8/0
India A 276/10
Inperking vir
DAE
URE
MIN
Rand - Dollar
15.83
+0.1%
Rand - Pond
20.95
+0.2%
Rand - Euro
17.86
+0.0%
Rand - Aus dollar
11.29
-0.0%
Rand - Jen
0.14
+0.1%
Goud
1,788.60
+0.2%
Silwer
22.45
-0.2%
Palladium
1,855.71
+0.1%
Platinum
963.50
+0.6%
Brent-ruolie
75.44
+3.2%
Top-40
66,194
-0.5%
Alle aandele
72,583
-0.5%
Hulpbronne 10
69,216
-1.3%
Industriële 25
95,805
-0.2%
Finansiële 15
14,257
+0.4%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Blitsblik op ’n maatskappy

Volg die maatskappy se aandeelprys en lees nuwe Sens-verklarings en resultate hier.

Verkeer in jou area

Kies 'n area om verkeersvoorvalle op jou roete te sien.

Klik om te stel
Nuuswenke

Het jy 'n nuuswenk of storie wat jy graag met Netwerk24 wil deel? Stuur gerus 'n e-pos aan ons nuusspan.

Stuur 'n e-pos