Deel

KYK: Blitsbrein Junior: 'Luc moet nou sy plek verdedig'

akkreditasie

Luc van der Veen sal in Maandagaand se episode van Blitsbrein Junior moet bontstaan om sy titel te verdedig.

Die 16-jarige Luc van die Paul Roos Gimnasium kom teen Zahn Marais (17) van die Hoër Meisieskool Bloemhof en Henko Kruger (14) van die Hoërskool Piketberg in die tweede episode van Blitsbrein Junior te staan.

Luc van der Veen
Luc van der Veen

VIA se vasvraprogram Blitsbrein trek in 2020 ’n jonger baadjie aan en dit is dié keer tyd vir die tieners om mekaar die stryd aan te sê.

’n Nuwe episode word elke Maandag om 18:00 op VIA uitgesaai en Pietie Beyers is die aanbieder. Die leerlinge wat aan dié seisoen deelneem, is almal hoërskoolleerlinge (tussen gr. 8 en g. 11) wat in 2019 aan Netwerk24 se algemenekennis-kompetisie Blitsbrein Junior deelgeneem het. Dié kompetisie is saam met Die Burger, Beeld en Volksblad aangebied.

Henko Kruger
Henko Kruger

Luc se strategie is om net rustig te bly in Maandagaand se episode.

“Ek dink ek moet net seker wees van my antwoorde voordat ek dit gee,” het hy voor die episode gesê.

Henko het gehoop om vrae oor geskiedenis, lande en plekke te kry.

Zahn Marais.
Zahn Marais.

Daarteenoor wou Zahn staatmaak op haar politieke kennis. “Ek hoop hulle vra my oor politiek, want ek weet ’n ding of twee van politiek.”

Só werk Blitsbrein Junior

Die wenner van elke episode ontvang die titel van Blitsbrein Junior en gaan dan outomaties deur na die tweede episode, waar die titel teen twee nuwe deelnemers verdedig word.

Die ses deelnemers met die meeste punte op die telbord aan die einde van die tiende episode sal tot die halfeindronde deurdring waarna die topdrie in die eindronde teen mekaar te staan gaan kom.

Die algehele pryspot is R45 000. Dit word deur die top 3 wenners verdeel.

Het jy die vorige episodes van Blitsbrein misgeloop?

Klik hier om episode 1 op NW24TV te kyk.

  • Episode 2 is op 13 Januarie om 18:00 op VIA, DStv-kanaal 147, te sien.
  • Episode 2 sal ook van 14 Januarie op Netwerk24 onder NW24TV te sien wees.
  • Speel ook elke Dinsdag op Netwerk24 saam om te kyk hoeveel vrae van die episode jy kan reg beantwoord.
heading
description
username
Wys Kommentaar ()
Rand - Dollar
17.80
-0.0%
Rand - Pond
21.95
+0.6%
Rand - Euro
19.29
+0.7%
Rand - Aus dollar
11.90
+0.5%
Rand - Jen
0.13
+0.2%
Platinum
991.29
+1.1%
Palladium
1,465.87
-0.8%
Goud
1,969.32
-0.6%
Silwer
24.07
+0.7%
Brent-ruolie
79.27
+1.3%
Top-40
70,498
-0.8%
Alle aandele
76,100
-0.8%
Hulpbronne 10
66,234
-1.9%
Industriële 25
102,950
-0.3%
Finansiële 15
15,496
-0.9%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Blitsblik op ’n maatskappy

Volg die maatskappy se aandeelprys en lees nuwe Sens-verklarings en resultate hier.

Verkeer in jou area

Kies 'n area om verkeersvoorvalle op jou roete te sien.

Klik om te stel
Nuuswenke

Het jy 'n nuuswenk of storie wat jy graag met Netwerk24 wil deel? Stuur gerus 'n e-pos aan ons nuusspan.

Stuur 'n e-pos