Hoewel die Wes-Kaap se slaagsyfer in 2020 gedaal het, is daar nog baie om te vier en het die provinsie se slaagsyfer die minste van almal afgeneem, sê Debbie Schäfer, LUR vir onderwys.
Sy het Maandagaand alle leerlinge wat hul matriekjaar onder moeilike omstandighede en groot onsekerheid geslaag het, gelukgewens.
Leerlinge in die Wes-Kaap kan hul uitslae Dinsdagmiddag by hul skole gaan afhaal of die provinsiale departement van onderwys se webwerf besoek.