Die eerste vraestel van besigheidstudies het Woensdagmiddag geen verrassings vir matrikulante ingehou nie.
Constanze van der Walt, nasionale bedryfsbestuurder van Fedsas, sê terugvoering van ledeskole wys dat dit ’n goeie vraestel was. “As leerlinge goed voorberei het, sal dit goed gaan. Leerwerk is goed getoets en langvrae is direk gevra met geen vangplekke nie.”
Matrieks kon by die langvrae kies uit twee vrae waaroor hulle ’n opstel moes skryf.