Sy ma se Covid-19-diagnose was “ ’n bedekte seën”.
Christiaan Jansen van Vuuren, wat aan die Hoërskool Waterkloof in Pretoria gematrikuleer het, sê dat longkanker by sy ma, Christine, gediagnoseer is kort nadat sy van Covid-19 herstel het.
“Sy het aan die begin van die pandemie Covid-19 gekry. Sy het herstel, maar steeds gehoes. ’n Biopsie het getoon dat sy longkanker het. Sy het chemoterapie en bestraling gekry en weer beter geword.”