Onderwyskenners en -vakbonde is dit eens dat die matriekslaagsyfer beter is as wat hulle verwag het.
Angie Motshekga, minister van basiese onderwys, het Maandag aangekondig dat 2020 se matrikulante ’n slaagsyfer van 76,2% behaal het.
Motshekga sê hoewel dit 5,1% laer as 2019 se slaagsyfer van 81,3% is, is dit steeds indrukwekkend as die uitdagings van die inperkings en die Covid-19-pandemie in ag geneem word.