Die Hoërskool Waterkloof in die ooste van Pretoria spog vanjaar vir die 33ste jaar agtereenvolgens met ’n 100%-slaagkoers.
Matrieks aan dié hoërskool het Vrydag van vroegoggend af by die koshuis bymekaargekom om hul matrieksertifikate af te haal.
Met groot oë en breë glimlagte het hulle die saal binnegaan. Hulle het mekaar een ná die ander omhels soos hulle hul sertifikate gekry het.