Hoewel sy Donderdag versigtig optimisties was, het Marné Clase van die Hoër Meisieskool Oranje Vrydag die blye tyding ontvang dat sy wel agt onderskeidings het.
Sy was aanvanklik baie nuuskierig oor die punte wat opgestoot is en kon sy net hoop dat die onderskeidings sal inrol.
Dié kultuurdier het musiek, drama en Duits as vakke en ook rekeningkunde, wiskunde, lewenswetenskappe en Afrikaans en Engels, albei as huistale, gehad.