Hoewel die matriekklas van 2020 beter gevaar het as wat verwag is, moet die regering pa staan vir sy rol in die ontwrigting wat verlede jaar tot die swakker matriekslaagsyfer gelei het.
Dít is die reaksie van politieke partye en organisasies nadat Angie Motshekga, minister van basiese onderwys, Maandag die matriekuitslae van 2020 heelwat later as gewoonlik bekend gemaak het.
Motshekga het almal bedank oor die daling van net meer as 5 persentasiepunte in die slaagsyfer omdat sy eintlik “ ’n bloedbad verwag het”.