Die 2021-hoofdogter van die Hoërskool Waterkloof in Pretoria leef elke dag volgens haar persoonlike motto: Maak saak, nie seer nie.
Hoewel die lewe soms vir Christine Geertsema (18) seergemaak het, het sy nooit gaan lê nie.
“Ek is baie dankbaar om deur hierdie jaar te kon kom. Dit is vir my ’n baie groot oorwinning.”