Die tweede lewenswetenskappe-vraestel wat matrieks Maandag geskryf het, word deur onderwysers as goed en gebalanseerd geag, maar leerlinge moes mooi lees om vrae korrek te beantwoord.
Constanze van der Walt, nasionale bedryfsbestuurder van Fedsas, sê dié vraestel het volgens terugvoering van ledeskole voldoen aan die gestelde vereistes, moeilikheidsgraad en onderwerpgewigswaardes.
“Leerlinge moes egter mooi lees om te beantwoord wat gevra word. Leerlinge wat goed voorberei het, behoort goed te vaar.”