Matrieks, kyk só na jouself tydens die grendeltydperk

akkreditasie

Die Covid-19-pandemie het die wêreld op hol gehad, met die matrieks van 2020 wat die eerste klas ooit was wat dié veranderinge in hul laaste jaar van skoolgaan in die oë moes staar.

Hoewel dit baie uitdagend is om in matriek te wees tydens dié tydperk, is daar verskeie maniere om jou denke positief te hou.

Wilna van Rooyen, ’n vroeëkindontwikkelingspesialis, sê om positief te bly, is ’n ingesteldheid wat jy kan oefen.

“Probeer om negatiewe gedagtes om te draai. Fokus op die werk en dit sal jou gedagtes besig hou. Besef dat matriek harde werk is en dat harde werk beloon sal word. Dit help ook om te fokus op die visie wat jy het vir na skool – harde werk sal help om dié visie te bereik,” sê sy.

Dr. ST Potgieter, opvoedkundige sielkundige, sê leerlinge kan die volgende doen om positief te bly:

* Vorm ’n gesonde perspektief aangaande Covid-19: Hoewel die hele Covid-19-storie baie ontwrigtend is, gaan dit in Suid-Afrika nog relatief goed met ons, meen dr. Potgieter. “Ons hoef maar net te kyk wat in soveel ander lande gebeur, met hongersnood, rampe en oorloë. Mense en kinders het deur die eeue dikwels onder die haglikste omstandighede grootgeword.” Hy sê in ’n sekere sin maak teenspoed ons sterker om die aanslae van môre die hoof te bied. “Vra jouself af: Kan jy nog skoolgaan, leer en aan die einde van die jaar jou matriekeksamen skryf? Wel, dit is ’n groot seën, wat soveel ander nie die voorreg het om te doen nie,” sê hy.

* Handhaaf ’n gebalanseerde leefstyl: Leef sover moontlik gebalanseerd as wat die inperkingsregulasies jou toelaat, stel dr. Potgieter voor. “Werk hard aan jou akademie, doen sport, verkeer sosiaal, gaan kerk toe, kom in die buitelug, ontspan, kuier met familie en vriende.”

Fokus op jou doelwitte: Leef jou lewe en fokus op doelwitte vir hierdie jaar. Vra jouself wat jy wil bereik en werk daarnatoe. Volgens dr. Potgieter moet jy fokus op die loopbaan wat jy wil volg. Jou matriekjaar is die fase van jou lewe wat jou voorberei vir volgende jaar se studie en die beroep wat jy wil volg. “Moenie in vrees vir Covid-19 leef nie. Skuif jou visie na die doelwitte wat jy met jou lewe wil bereik.”

Bly veilig, bly gefokus

Dr. Potgieter sê dat matriekleerlinge net moet sorg dat hulle veilig optree in hul daaglikse handel en wandel.

“Dit help ook nie om vir matrieks vals hoop te gee dat dit môre beter sal gaan nie – ons weet nie wat die toekoms inhou nie. Ons moet eerder ons kinders weerbaar maak om die aanslae van teenspoed en rampe te kan hanteer,” sê hy.

* LEES OOK: Matriekuitslae 2020: Hier is Wes-Kaap se topskole

Hoewel die pandemie gepaard gaan met verskeie uitdagings, kan jy steeds die beste maak van jou matriekjaar.Foto: ISTOCK

Goeie roetines wat matrieks kan skep

Wilna gee die volgende wenke vir matriekleerlinge:

  • Eet gesond en bly fiks: Jy kan maklik onaktief raak, wat jou makliker vatbaar vir enige infeksie sal maak.
  • Stel ’n deeglike studieprogram op: Maak seker dit laat genoeg tyd vir elke vak. Moenie deurnag probeer studeer nie, moegheid tas die immuunstelsel aan. Hoe beter jy voorberei is vir toetse en eksamens, hoe rustiger kan jy die geleenthede aanpak.
  • Bou ’n gesonde verhouding met die matriekonderwysers: Dit sal jou op jou gemak laat voel by die skool en jy kan ook jou bekommernisse deel.
  • Hou by roetines: Dit sal ’n veilige ruimte skep.
besig om te laai... Regstreeks
South Africa A 297/10
India A 198/5
besig om te laai... Regstreeks
Sri Lanka 204/10 & 46/2
West Indies 253/10
Inperking vir
DAE
URE
MIN
Rand - Dollar
16.04
-1.0%
Rand - Pond
21.28
-0.7%
Rand - Euro
18.15
-0.8%
Rand - Aus dollar
11.39
-0.6%
Rand - Jen
0.14
-1.3%
Goud
1,781.01
+0.3%
Silwer
22.26
-2.5%
Palladium
1,736.96
-0.3%
Platinum
935.00
-0.6%
Brent-ruolie
69.23
-5.5%
Top-40
64,786
+1.1%
Alle aandele
71,198
+1.0%
Hulpbronne 10
67,859
+0.9%
Industriële 25
93,997
+0.9%
Finansiële 15
13,880
+2.1%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Blitsblik op ’n maatskappy

Volg die maatskappy se aandeelprys en lees nuwe Sens-verklarings en resultate hier.

Verkeer in jou area

Kies 'n area om verkeersvoorvalle op jou roete te sien.

Klik om te stel
Nuuswenke

Het jy 'n nuuswenk of storie wat jy graag met Netwerk24 wil deel? Stuur gerus 'n e-pos aan ons nuusspan.

Stuur 'n e-pos