Dit lyk nou tog moontlik dat die 2021-matriekuitslae later vandeesweek in die media en in spesifieke koerante sal verskyn.
AfriForum en Maroela Media het Vrydag ’n dringende aansoek in die hooggeregshof in Pretoria ingedien teen die departement se besluit om nie vanjaar se matriekuitslae in die media te publiseer nie.
Uitspraak in die aansoek word Dinsdag verwag.