Die 40ste wenner van die Matrikulant van die jaar-kompetisie van die Universiteit van die Vrystaat, Netwerk24 en Volksblad sê sy eerste jaar as mediese student aan Kovsies het tot dusver alle verwagtinge oortref en hy geniet elke oomblik terdeë.
Inskrywings vir dié kompetisie, waarin 25 matrikulante pryse en beurse ter waarde van duisende rande kan wen, het reeds begin.
Niël van der Walt, 2021 se hoofseun van die Hoërskool Wesvalia in Klerksdorp, sê dit was vir hom ’n groot voorreg om aan die kompetisie te kon deelneem. Om in die eindronde in Bloemfontein die res van die finaliste te ontmoet was ’n hoogtepunt.