Matrikulant van die Jaar kom uit familie van medici

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Niël van der Walt, hoofseun van die Hoërskool Wesvalia in Klerksdorp, is Woensdagaand aangewys as die Universiteit van die Vrystaat, Netwerk24 en Volksblad se 40ste Matrikulant van die Jaar. By hom is sy ma, Elmarie, wat die finale beoordeling in Bloemfontein saam met hom bygewoon het.  Foto: Charl Devenish
Niël van der Walt, hoofseun van die Hoërskool Wesvalia in Klerksdorp, is Woensdagaand aangewys as die Universiteit van die Vrystaat, Netwerk24 en Volksblad se 40ste Matrikulant van die Jaar. By hom is sy ma, Elmarie, wat die finale beoordeling in Bloemfontein saam met hom bygewoon het. Foto: Charl Devenish

Hoewel Niël van der Walt net Noordwes se tweede wenner van die Universiteit van die Vrystaat (UV) en Netwerk24 en Volksblad se Matrikulant van die Jaar-kompetisie is, het dié hoofseun van die Hoërskool Wesvalia in Klerksdorp ’n lang verbintenis met die kompetisie én die Vrystaat.

Niël is Woensdagaand ná die eindronde in die Southern Sun in Bloemfontein as die 40ste wenner aangewys van dié prestigeryke kompetisie wat in 1981 begin het.

Nie net het sy pa, oupa en oom ook medies aan die UV gestudeer nie, maar sy pa se niggie, Freda du Plessis van Winburg, was in 1989 die wenner van die destydse Matrieknooi-kompetisie. Sy is nou ’n radioloog in die Caboolture-hospitaal in Queensland, Australië. 

Sy pa, Bennie, is ’n algemene praktisyn, oom Chris van der Walt is ’n uroloog en oupa Danie van der Walt praktiseer op 77 nog as algemene praktisyn – almal in Klerksdorp. Boonop is sy oudste suster, Chamoné, ’n derdejaarstudent in fisioterapie aan Kovsies.

“Ek het so ’n koue gevoel gekry en was toe net oorweldig,” sê die voornemende mediese student oor die oomblik toe sy naam as wenner aangekondig is. “Ek is ongelooflik dankbaar.”

Niël kry balans in sy lewe deur elke dag met passie op te staan, voluit te leef en ’n verskil te maak, sodat hy met die wete dat hy 120% gelewe het, kan gaan slaap. Hierdie beginsel kom ook na vore in die rede waarom hy gekies het om ’n dokter te word.

“Iemand het my op ’n dag gevra wat maak my kinderlik opgewonde. My antwoord was om ander te help, mense gelukkig te sien en dinge beter te maak. As dokter kan ek al hierdie dinge doen.”

Niël blink op verskeie terreine uit en is ’n geesdriftige redenaar. Hy het Noordwes-kleure in tennis en gholf verwerf en ook rugby gespeel. 

Toe Covid-19 toeslaan, het baie aktiwiteite opgehou, maar Niël het dit as ’n geleentheid vir iets anders gesien. Hy het sy skaakvaardigheid so opgeskerp dat hy vanjaar in die skool se eerste skaakspan is.

Weens die streng Covid-regulasies het net sy ma, Elmarie, die eindronde saam met Niël bygewoon. Sy pa moes maar oor die telefoon vir sy enigste seun sê hoe trots en bly hy is.

Kry die volle storie
Teken in op Netwerk24 en kry vandag onbeperkte toegang tot gehalte-joernalistiek, brekende nuus, voorste Afrikaanse koerante en tydskrifte, blits-videoinhoud, podsendings, luisterboeke en meer.
Teken in
Reeds 'n intekenaar? Meld aan
besig om te laai... Regstreeks
Sri Lanka 113/1
West Indies 0
Inperking vir
DAE
URE
MIN
Rand - Dollar
16.16
+0.8%
Rand - Pond
21.49
+0.3%
Rand - Euro
18.23
+0.2%
Rand - Aus dollar
11.52
+0.2%
Rand - Jen
0.14
+0.0%
Goud
1,784.02
-0.5%
Silwer
22.85
-1.3%
Palladium
1,793.50
+2.4%
Platinum
969.50
+1.5%
Brent-ruolie
72.72
-11.6%
Top-40
63,601
+1.9%
Alle aandele
70,009
+2.0%
Hulpbronne 10
65,581
+2.4%
Industriële 25
93,900
+1.1%
Finansiële 15
13,460
+3.6%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Blitsblik op ’n maatskappy

Volg die maatskappy se aandeelprys en lees nuwe Sens-verklarings en resultate hier.

Verkeer in jou area

Kies 'n area om verkeersvoorvalle op jou roete te sien.

Klik om te stel
Nuuswenke

Het jy 'n nuuswenk of storie wat jy graag met Netwerk24 wil deel? Stuur gerus 'n e-pos aan ons nuusspan.

Stuur 'n e-pos