Terwyl die 2021-matriekuitslae met lofprysinge ontvang is, meen onderwyskenners en ekonome die matrikulante word nou deur die grootste uitdaging in die gesig gestaar: indiensneming.
Vanjaar het ’n rekordgetal van 537 687 matrikulante, met ’n slaagsyfer van 76,4%, hul finale skooljaar agter hulle gesit – die grootste groep tot dusver wat die werksmag moet betree.
Dawie Roodt, hoofekonoom van die Efficient Group, sê slegs 10% van die leerlinge gaan na universiteite toe en dat slegs die helfte van die jong mense hul studies sal voltooi.