Matriekleerlinge van die Hoërskool Noordheuwel in Krugersdorp was Vrydag in hul noppies met die eerste vraestel vir lewenswetenskap.
Lizelle Gordon (18) het gesê die vraestel was veel makliker as wat sy verwag het.
“Ek het goed voorberei en ek kon gelukkig deur alles kom wat ons moes leer. Ek is tevrede en hoopvol,” het sy gesê.