Matrikulante van die Hoërskool Noordheuwel in Krugersdorp sê die langvraag was uitdagend, maar hulle voel oor die algemeen goed oor Afrikaans se letterkunde-vraestel wat hulle Dinsdag geskryf het.
Kyle Koekemoer sê dit was ’n goeie vraestel.
“Die langvraag was moeilik, maar die gedigte makliker,” sê Kyle.