Noordwes se matriekslaagsyfer het wel met 10,6% gedaal, maar die klas van 2020 het meer onderskeidings as hul voorgangers behaal.
Meer leerlinge het ook toegang tot graad- en kollegestudies behaal, het Mmaphefo Matsemela, LUR vir onderwys in Noordwes, Dinsdag in Potchefstroom bekend gemaak.
“Die gehalte van die 2020-uitslae is dus beter as 2019 s’n.”