Vanjaar se matriekuitslae sal wel in die media gepubliseer word.
Dit volg nadat regter Anthony Millar Dinsdagoggend in die hooggeregshof in Pretoria ten gunste van AfriForum en Maroela Media beslis het.
AfriForum en Maroela Media het Vrydag die hooggeregshof met ’n dringende aansoek genader om die departement van basiese onderwys se besluit om nie vanjaar die matriekuitslae in die media te publiseer nie, te stuit.