’n Durbanse matrikulant wat tuisonderrig verkies het, het die topprestasie wêreldwyd aan Cambridge International behaal in twee van haar vakke.
Jade Reynolds (19) sê Cambridge International, wat deel is van die Universiteit van Cambridge in Engeland, het haar per e-pos ingelig dat sy die topmatrikulant in rekeningkunde (97%) en biologie (98%) was.
Cambridge International se kurrikulum word as een van die taaiste ter wêreld beskou.