Carmi du Plessis (18), wat verlede jaar aan die Hoër Meisieskool Oranje gematrikuleer het, hou nog asem op om te hoor waar sy keuring gekry het om arbeidsterapie te studeer.
Maar ná die nuus dat sy ’n onderskeiding in elk van haar agt vakke gekry het, sal sy moontlik kan studeer net waar sy wil.
Nie net het sy in haar skoolloopbaan uitgeblink in die akademie nie, maar het sy ook gestraal op die hokkieveld, in debatvoering, redenaars, in die koor en selfs in ’n duikpak nadat die skool dit begin aanbied het.