“Die lewe is ’n marathon en nie ’n naelloop nie.”
Dit is volgens Jana Campbell (19) wat verlede jaar aan die Hoër Meisieskool Oranje in Bloemfontein gematrikuleer en ondanks ’n moeilike jaar agt onderskeidings behaal het.
As eerstejaarstudent in medies aan die Universiteit van die Vrystaat wil sy leerlinge aanmoedig om elke dag hul deel te doen.