“Verlede jaar was moeilik, ons kon nie sport doen met die inperkings nie en ons het eindeksamen geskryf toe daar twee plaasmoorde buite die dorp was,” sê Daniel van Wyk, oudhoofseun van die Hoërskool Hennenman.
“Ons het die mense goed geken,” sê hy.
Daniel sê vir hom is sport ’n uitlaatklep en manier om in sy kop van die druk van die lewe te ontsnap.