Dit was nie maklik om ’n matrikulant te wees te midde van die koronaviruspandemie nie, maar Sunique Boshoff (18) het besluit sy gaan eerder op die geleenthede fokus.
“Ons het baie meer leertyd as ander jare se matrieks gehad, wat baie gehelp het om voor te berei vir die eindeksamen.”
Haar positiewe ingesteldheid het haar goed te staan gekom – sy het agt onderskeidings behaal.